Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die West Highland Way (Skots-Gaelies: Slighe na Gàidhealtachd an Iar) is 'n langafstand-staproete in Skotland wat oor 'n afstand van 96 myl (154 km) vanaf Milngavie noord van Glasgow tot Fort William in die Skotse Hoogland toe loop - deur 'n verskeidenheid landskappe soos parke, die oewers van Skotse varswatermere (lochs) en oop heideveld.[2] Die roete is in 1980 as Skotland se eerste amptelike langafstandroete geopen en word deur Scottish Natural Heritage as een van Skotland se Groot Roetes (Scotland's Great Trails) gekategoriseer.