Wetenskaplike notasie is 'n drywende kommanotasie met grondtal 10. Dit is 'n manier om baie groot en klein getalle voor te stel as die aantal heel magte van 10. Die getalle word weergegee in die vorm waar die eksponent b 'n heelgetal is en a enige reële getal is. Die getal wat deur a verteenwoordig word, word die koëffisiënt genoem. Die notasie maak dit maklik om twee getalle met dieselfde aantal syfers voor die desimale punt met mekaar te vergelyk, aangesien die een met die groter eksponent die groter getal is. In so 'n geval word b die getal se ordegrootte genoem. Wetenskaplike notasie is 'n baie nuttig hulpmiddel vir wetenskaplikes.
Positiewe eksponente verteenwoordig getalle groter as nul en negatiewe eksponente verteenwoordig getalle kleiner as nul. Sodoende kan baie groot getalle asook baie klein getalle maklik met die notasie verteenwoordig word. 'n Getal soos 123.456.789.012.345 word byvoorbeeld weergegee as 1.23 × 1014 en 'n baie klein getal soos 0,000000000000345 kan geskryf word as 3.45 × 10-13.
Die voordele van die wetenskaplike notasie is as volg:
Sakrekenaars en rekenaars gebruik dikwels wetenskaplike notasie maar gebruik 'n E om die 10 voor te stel, bv.1.234e-6. Let wel die e moet nie verwar word met die wiskundige konstante, ‘’e’’ wat die grondtal van die natuurlike logaritme is. Daar word dikwels na hierdie skryfmetode verwys as eksponensiële notasie.
Wanneer die eksponent ‘’b’’ beperk word tot veelvoude van 3 word dit dikwels ingenieursnotasie genoem.
Wetenskaplike notasie is nuttig om die presiesheid waarmee 'n hoeveelheid gemeet word aan te dui. Deur slegs die beduidende syfers (die syfers wat as betroubaar beskou kan word) in die koëffisiënt in te sluit word die presiesheid implisiet weergegee. Enige fisiese grootheid in wetenskaplike notasie word aanvaar as niks minder presies as die aantal syfers wat aangehaal word nie. Wanneer presisie in metings noodsaaklik is, moet meer gesofistikeerde uitdrukkings van meetfoute gebruik word.