Whitney Houston | |
---|---|
![]() Whitney Houston tydens 'n optrede in April 2010. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Whitney Elizabeth Houston |
Gebore | 9 Augustus 1963 Newark, New Jersey, Verenigde State |
Sterf | 11 Februarie 2012 Beverly Hills, Kalifornië, Verenigde State |
Genres | R&B, soulmusiek, popmusiek |
Beroep(e) | Model, sangeres, aktrise en rolprentvervaardiger |
Jare aktief | 1977 – 2012 |
Etikette | Arista, RCA |
Webwerf | http://www.whitneyhouston.com/ |
Whitney Elizabeth Houston (Newark, New Jersey, 9 Augustus 1963 - Beverly Hills, Kalifornië, 11 Februarie 2012) was 'n Amerikaanse model, aktrise, rolprentvervaardiger en sangeres wat R&B, soul- en popmusiek gesing het.
Houston word algemeen beskou as een van die beste sangeresse ooit vanweë haar uiters professionele optredes, groot stemreikte van 5 oktawe en die moontlikheid om in verskillende genres te sing. Sy is wyd gerespekteer vir haar lewendige optredes en kragtige stem.
Sy was getroud met Bobby Brown en hulle het een kind gehad: Bobbi Kristina Brown.