Hierdie bladsy vertoon die nuus vir gebruikers aangaande die Afrikaanse Wikipedia, asook ander Wikimediaprojekte. Insluitende onderwerpe soos mylpale bereik, afsprake, nuwe sjablone, wysigings in hulle gebruik, ens.
Die jaar sluit af met 87 672 artikels, weereens 'n allemintige groei van bykans 20 000 artikels vir die jaar. Baie dankie aan almal wat hiertoe bygedra het! Voorspoed vir 2020 en mag Wikipedia suksesvol voortbou op 2019! Daar was 6 810 864 bladtrekke gedurende Desember.
Die jaar word afgesluit met 67 976 artikels, 'n allemintige groei van bykans 20 000 artikels vir die jaar. Baie dankie aan almal wat hiertoe bygedra het. Julle onbaatsugtige werk gaan nie ongesiens verby nie. Mag 2019 vir julle voorspoedig wees en mag die Afrikaanse Wikipedia van krag tot krag gaan
1 Januarie – Ons nooi alle gebruikers om betrokke te raak. Die hoogtepunt van die jaar gaan ongetwyfeld die Wikimania konferensie Julie in Kaapstad wees!
Klein maatjies of ouma en oupa? Die oorspronklike Wikipedia-uitleg is moeilik leesbaar vir sommige gebruikers. Danksy Wikiwand is 'n weergawe van die Afrikaanse Wikipedia met 'n meer visuele uitleg en groter skrif beskikbaar. Let wel – Wikiwand is geoptimaliseer vir skoot- en tafelrekenaars en vertoon nie mooi op tabletrekenaars en selfone nie. Sien gerus: Universiteit Stellenbosch, Informasietegnologie-blog: WikiWand.
31 Desember – Ons sluit 2014 met 33 980 artikels af en behoort vandag of môre die 34 000-kerf verby te steek. Dit beteken dat 4 351 artikels in 2014 geskep is, effens meer as die 4 306 van 2013.
Gegewe die Afrikaanse Wikipedia se konstante groei is ons oortuig dat 2013 weereens 'n konstruktiewe jaar gaan wees. Maar, saamwerk is altyd lekkerder as om alleen voort te sukkel. So, sluit aan en help ons om die grootste Afrikaanse webtuiste beter en 'n lekkerder uithangplek te maak. Val sommer met die deur in die huis en kom sê hallo in die geselshoekie
14 Augustus – Die Litause ontwerp-ateljee New! het 'n nuwe minimalistiese kenteken en uitleg ontwikkel om 'n nuwe, moderne identiteit aan die Wikipedia-ensiklopedie te gee. Hul voorstel kan besigtig word by Wikipedia Redefined.
20 Mei – Bieszczady van Voyageur word ons 250ste Voorbladartikel. Voyageur het ook die meeste artikels tot voorbladsters gemaak. Baie dankie vir hierdie harde werk!
27 Januarie – Die 21 000ste artikel oor Denis Diderot word deur Voyageur geskep. Die vinnige vordering is grotendeels te danke aan Puvircho se Nederlandse nedersettings, Winstonza se katte-reeks en Oesjaar se vis-reeks. Hou so aan manne!
Op die "geskiedenis"-blad is daar nou 'n skakel wat die gebruik van die betreffende bladsy in die laaste 30 dae op 'n grafiek aandui. Jcwf (kontak) 03:36, 25 Maart 2011 (UTC)[antwoord]
16 Julie – 'n Wikimedia-bydraer word deur die Nasionale Portretgalery gedreig oor die gebruik van hul beelde. Meer inligting.
28 Julie – Die Wikimediase Trusteeraadverkiesing vang aan. Sien m:Board elections/2009/af vir meer inligting. Vertaling van daardie bladsy word ook aangemoedig.
9 Mei – die sjabloon {{Het u geweet}} is nou verouderd. In plaas daarvan word {{Wikipedia:Interessante_brokkies/Week {{CURRENT WEEK}}}} gebruik, sodat die brokkies outomaties kan roteer.
2 Januarie – Wikipedia se fondsinsamelingsprojek beweeg verby die $6 milljoen-doellyn. Meer as 125 000 skenkers het reeds hulle finansiële ondersteuning aan die ensiklopedie gegee.
3 Desember – die Wikimedia-stigting ontvang 'n skenking van $890 000, wat gebruik sal word om die gebruikersvriendelikheid van Wikipedia sy wysigingsfunksie te verbeter.
4 Desember – die Duitse Federale Argief (Bundesarchiv) skenk om en by 100 000 beelde aan die Wikimedia Commons. 'n Seleksie van die versameling kan hier besigtig word.
17 Desember – met die vrystelling van die GNU VDL 1.3 word die moontlikheid van 'n skuif van GFDL na CC-BY-SA 'n realiteit. Besoek ook hierdie bladsy op meta, vir meer inligting rakende die voorgestelde skuif.
15 Junie – die Afrikaanse Wikipedia bereik 10 000 artikels! Geluk aan Gebruiker:RAM wat die 10 000ste artikel (en 'n hele paar nét voor dit) gepubliseer het. Geluk aan almal wat oor die jare bygedra het op verskillende maniere.
Ons kry 'n mooi pluimpie van 'n Koreaanse joernaalskrywer:
At the opposite end of the spectrum is the Afrikaans Wikipedia, which has at present 9,500 articles but its featured articles are just as impressive as those in the English and other major Wikipedias.
6 Desember – die Duitse tydskrif, Stern, vind dat die Duitse Wikipedia beter is as die kommersiële Duitse aanlyn-ensiklopedie, Brockhaus. [2]
26 Desember – die Japannese Wikipedia wen die gesogte nasionale "Web of the Year"-toekenning van 2007 vir die tweede keer. [3]
29 Desember – net betyds vir die nuwe jaar, Laurens skep ons 9 000ste artikel, Fleur-de-lis. Daar blyk nou 'n redelik konstante tempo van 1000 nuwe artikels elke 4-5 maande te wees.
5 Augustus – die 10 000 merk kruip nader: Laurens skep die 8 000ste artikel, Sphagnidae, ter ondersteuning van sy artikel oor Mos. Die tempo waarteen nuwe artikels bygevoeg word het merkbaar versnel. Dankie aan al die gebruikers vir hulle getroue bydraes, hetsy klein of groot.
26 Junie – die Duitse regering kondig aan dat hulle fondse aan die Duitse Wikipedia beskikbaar gaan stel, sodat artikels oor hernubare bronne verbeter kan word. (Sien [4]).
Op 24 April word die 7 000ste artikel geskep: Rhea deur gebruiker Anrie. Daar is dus 'n duisend nuwe artikels bygevoeg in 'n bietjie meer as vier maande. Knap gedaan, Wikipediane!
Op 22 September2005 ontmoet Alias en Anthere by die Centurion Lake Hotel vir 'n aangename kuier. Anthere gesels oor Wikimania, die verskille tussen die Engelse en Franse projekte, die aktiwiteite van die WikiMedia Stigting en haar indrukke van Suid-Afrika. Ons groot inkopiesentrums en die eerstewêreldomstandighede (van die dele wat sy gesien het) verbaas haar. 'n Volgende ontmoeting in November sal waarskynlik weer gereël word as deel van die derde been van die werkswinkel waarvoor Angela, Eloquence en Anthere reeds in Suid-Afrika was. Dit is nog nie duidelik watter lid die stigting gaan verteenwoordig in November nie.
Gebruiker:Voyageur bereik 'n nuwe mylpaal deur die eerste Wikipediaan onder ons te word wat meer as 'n duisend wysigings in een maand aanbring. In April 2006 het twee van sy artikels ook as voorbladartikels gepryk. Hiermee val hy in dieselfde liga as die outomatiese robotte!
1 Maart – die Engelse Wikipedia bereik die lang verwagte mylpaal van een miljoen artikels 'n bietjie meer as vyf jaar na die publikasie van die saadinhoud in Januarie 2001. Die miljoenste artikels was Jordanhill railway station wat deur Wikipediaan Ewan Macdonald (aka en:User:Nach0king) bygedra is as deel van sy werk oor die Skotse spoorweë. Lees meer in Engels by Millionth article.
Die eerste internasionale Wikimedia konferensie word beplan vir Augustus 2005. Sien meta:Wikimania:Main Page.
'n Voormalige redakteur van Encyclopaedia Brittanica het interessante kommentaar gelewer oor Wikipedia. Slashdot-besprekings en die skakels is hier beskikbaar.
Eloquence and I will be in Pretoria between April 19 and 21 for an International FLOSS and Free Knowledge Workshop run by the CSIR Open Source Centre. If anyone is in this area and would like to meet up, please see m:Meetup/Pretoria. Angela 12:19, 3 Apr 2005 (UTC)
Thanks to everyone who came to the meetup. It was a very enjoyable evening. A report of the conference, with a photo from the meetup, is now at meta:Conference reports/FLOSS, South Africa 2005. Angela 20:23, 24 Apr 2005 (UTC)