Wildekat | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. silvestris
|
Binomiale naam | |
Felis silvestris (Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1775[2])
| |
Subspesies | |
Sien teks | |
Die vyf subspesies van Felis silvestris volgens ’n DNS-studie in 2007. |
Die wildekat (Felis silvestris) is ’n spesie in die familie van katagtiges waarvan subspesies in Europa, Afrika en Wes- en Sentraal-Asië aangetref word. Aangesien hulle volop voorkom, word hulle sedert 2002 op die IUBN-rooilys as "laer risiko" aangedui.[1]
Die Afrika-wildekat of vaalboskat is die voorvader van alle huiskatte. Die woestynkat (Felis margarita) is die naaste verwant aan die wildekat.
Die natuurlike verspreidingsgebied van die wildekat strek van Skotland en Wes-Europa tot in Sentraal-Asië en wes van Indië. Hulle kom ook in Afrika voor, behalwe in die sentrale reënwoudgordel.[1]
Die voorkoms van verskeie plaaslike variëteite en die beskrywing van verskeie subspesies binne die groot verspreidingsgebied het vir ’n lang tyd tot verwarring gelei. Van 2007 af word vyf subspesies erken:[1]
Die wildekat lyk in alle aspekte baie soos die huiskat. Hoewel laasgenoemde in talle kleure en patrone voorkom, is die wilde spesies lig geel tot medium bruin met swart strepe of kolle.
Wildekatte se grootte wissel van 36,5 tot 80 cm (kop en lyf), met ’n bykomende 21 tot 45 cm as die stert ingesluit word.[4] Hul skouerhoogte is sowat 25 tot 40 cm. Die katte se gewig verskil taamlik, maar die meeste weeg tussen 3 en 6 kg.[5][6]
Wildekatte maak dieselfde geluide as huiskatte: hulle spin, miaau, sis en grom.
Die wildekat is ’n vleisetende dier. Insekte en plante vorm net ’n klein deel van sy dieet. Al die subspesies se prooi bestaan hoofsaaklik uit klein soogdiere, hoofsaaklik knaagdiere, konyne en voëls.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Felis silvestris. |
Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia en Duitse Wikipedia