Wildepruim | |
---|---|
![]() | |
Saamgestelde blare en vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. caffrum
|
Binomiale naam | |
Harpephyllum caffrum Bernh., 1844
| |
Sinonieme | |
|
Die Wildepruim (Harpephyllum caffrum) is 'n boom wat tot die Anacardiaceae familie hoort. Dit is die enigste spesie in die genus en Harpephyllum is dus 'n monotipiese takson. Dit staan ook as essenhout, gwenjabessie, suurbessie en suurpruim bekend.
Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap asook Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Die boom het saamgestelde blare wat dig saamgepak is, soos 'n roset, aan die takkies se eindpunte. Die blaartjies is sekelvormig. Die vrug, van 2 cm in deursnee, is vlesig, suur en rooi wanneer dit ryp is.
Daar word jellie en Rosé van die vrugte gemaak. Die boom se bas word gebruik vir tradisionele medisyne. Indien dié gebruik toeneem kan die spesie bedreig word. Dis 'n gewilde skaduboom, en party dorpe het dit as sierboom langs hul strate aangeplant.
Die boom se FSA-nommer is 361.[1]
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Harpephyllum caffrum. |