William Orpen



William Orpen

Engelse skilder


Gebore
27 November 1878
in Stillorgan, Ierland,
Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland


Oorlede
29 September 1931
in Londen, Verenigde Koninkryk


Kunsstroming
Impressionisme


Bekende werke



The Signing of Peace in the Hall of Mirrors (1919)

Sir William Newenham Montague Orpen KBE RA (* 27 November 1878 in Stillorgan in die graafskap Dublin (tans graafskap Dun Laoghaire-Rathdown), Ierland; † 29 September 1931 in Londen) was 'n Britse skilder van Ierse afkoms en een van die belangrikste verteenwoordigers van impressionisme in Groot-Brittanje. Naas landskapstonele en talle portrette was Orpen gedurende die Eerste Wêreldoorlog by die Britse regering se War artist-projek betrokke en het op die westelike front 'n groot verskeidenheid oorlogskilderye geskep.