Ernst Wilhelm (Wim) Wenders (Düsseldorf, 14 Augustus1945) is 'n Duitse rolprentregisseur en maker van dokumentêre prente. Hy word as een van die belangrikste regisseurs van die Duitse na-oorlogse outeursfilm beskou, wat vanaf die einde van die sestigerjare opslae in die internasionale teater gemaak het. Hy is sedert 1996 die president van die Europese Film Akademie in Berlyn.