Deel van die Microsoft Windows-familie | ||
![]() | ||
Ontwikkelaar | ||
---|---|---|
Microsoft Corporation | ||
Webblad | http://windows.microsoft.com | |
Vrystellings | ||
Aanvanklike vrystelling | 29 Julie 2015 | |
Bronkodemodel | Geslote bron en gedeelde bron | |
Kerntipe | Windows NT | |
Voorafgegaan deur | Windows 8.1 (2013) | |
Ondersteuningstatus | ||
Verdere leesstof |
Microsoft Windows 10 is relatiewe nuwe weergawe van die Windows-bedryfstelsel wat as opvolger vir Windows 8 ontwikkel is.
Windows 10 (kodenaam Redstone, voorheen Threshold) is 'n persoonlike rekenaar bedryfstelsel ontwikkel en vrygestel deur Microsoft, as deel van die Windows NT-familie van bedryfstelsels. Dit is op 29 Julie 2015 vrygestel. Dit is die eerste weergawe van Windows wat deurlopende funksieopdaterings ontvang. Toestelle in die ondernemingsomgewings kan hierdie opdaterings teen 'n stadiger tempo ontvang, of die gebruik van langtermyn-ondersteuningsmylpale wat net kritiese opdaterings ontvang, soos bv. sekuriteitsherstelle, oor hul tien-jaar-leeftyd van uitgebreide ondersteuning.
Microsoft het beplan om Windows 10 op ten minste een miljard toestelle geïnstalleer te kry in die twee tot drie jaar na sy vrystelling. Windows 10 se gebruik is aan die toeneem,[1][2] terwyl dit uiteindelik in 2018 meer gewild geword het as Windows 7. Teen November 2017 loop die bedryfstelsel op meer as 600 miljoen toestelle[3] en het dit 'n geskatte gebruiksaandeel van 32% op tradisionele rekenaars[4][5] en 15% oor alle platforms (PC, selfoon, tablet, en konsole).[6][7]
Windows 10 harmoniseer die gebruiker se ervaring en funksionaliteit tussen die verskillende klasse van toestelle, en adresseer tekortkominge in die gebruikerkoppelvlak wat ondervind is met Windows 8. Windows 10 Mobile, die opvolger van Windows Phone 8.1, deel 'n paar gebruikerkoppelvlakelemente en programme met sy rekenaareweknie.
Windows 10 stel bekend wat Microsoft beskryf as "universal apps", deur uit te brei op die Metro-styl apps. Hierdie programme kan ontwerp word om op verskeie Microsoftprodukte te loop met byna identiese kode, insluitende PC's, tablette, slimfone, ingebedde stelsels, Xbox One, Surface Hub en Mixed Reality. Die Windows gebruikerkoppelvlak is hersien om oorgange tussen 'n muis-georiënteerde koppelvlak en 'n raakskerm-geoptimaliseerde koppelvlak te kan hanteer, gebaseer op die beskikbare insettoestelle veral op 2-in-1 rekenaars. Beide koppelvlakke sluit 'n opgedateerde openingspyskaart in, wat elemente van Windows 7 se tradisionele Start menu met die teëls van Windows 8 kombineer. Die eerste vrystelling van Windows 10 stel ook 'n virtuele rekenaarstelsel, 'n venster- en rekenaar-bestuursfunksie genoem Task View, die Microsoft Edge webblaaier, ondersteuning vir vingerafdruk en gesigserkenning, nuwe sekuriteitskenmerke vir die ondernemingomgewings, en DirectX 12 en WDDM 2.0 vir die verbetering van die bedryfstelsel se grafiese vermoëns vir speletjies.
It was expected, that once Windows 10 stopped being free, upgrades would slow significantly. [..] In September though, according to NetMarketShare, Windows 10 didn't just show slower growth, it actually went into reverse gear and lost usage share. Yes, you read that right.