Witstinkhout

Witstinkhout
C. africana by Pelindaba
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Rosales
Familie: Cannabaceae
Genus: Celtis
Spesie:
C. africana
Binomiale naam
Celtis africana
Burm.f., (1768)
Sinonieme[1]
  • Celtis burmanni Planch.
  • Celtis eriantha E.Mey. ex Planch.
  • Celtis henriquezii Engl.
  • Celtis holtzii Engl.
  • Celtis kraussiana Bernh.
  • Celtis kraussiana var. flavescens Almagia
  • Celtis kraussiana var. stolzii Peter
  • Celtis opegrapha Planch.
  • Celtis vesiculosa Hochst. ex Planch.

Die witstinkhout (Celtis africana) is 'n soort netelboom in die Cannabaceae familie.

Dit is bestand teen droogte en groei vinnig. Die boom bied nie net skuiling vir vee nie maar voëls en diere vreet die vrugte. Dit maak ook 'n goeie koelteboom in 'n tuin en benodig volle son en matige water.

Die boom se FSA-nommer is 39.[2][3]

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Die witstinkhout is inheems in Angola, Botswana, Burundi, die Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Eswatini, Jemen, Gambië, Ghana, Guinee, Kameroen, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek], Somalië, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.[4]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die boom se klein, liggeel blomme verskyn vanaf Augustus tot Oktober, en die vruggies word aan lang, dun stele gedra. Hulle is geel of bruin van kleur en sowat 4 mm in deursnee.[5] Die boom is bladwisselend. Jong blare is heldergroen en is aanvanklik dig behaard aan albei oppervlaktes. Gaandeweg verdof die blaarkleur en die blaarrande vergeel. Die blare is drie-arig vanuit 'n asimmetriese basis en die rande van die boonste helfte of twee derdes is grof saagtandig, alhoewel dit ook soms ongetand kan wees.

Galery

[wysig | wysig bron]

Ander stinkhoute

[wysig | wysig bron]

Die boom het niks gemeen met die ware stinkhout Ocotea bullata nie, maar het sy naam gekry weens die onaangename reuk van die vars gekapte hout. Die hout is ook van 'n swakker gehalte as dié van die ware stinkhoutboom.

Verwante netelbome van die Celtis-genus, waarvan die blare tipies minder harig is, word geredelik met die witstinkhout verwar. Hierdie spesies word algemeen in suider-Afrikaanse tuine en parke aangeplant, of groei as indringers op rivieroewers en ander stadsgebiede.[5] Van hierdie soorte kan ook met mekaar kruis, aangesien hulle deur windbestuiwing voortplant. C. occidentalis is van Kanadese oorsprong, en verskil deur die vratte aan die bas, benewens die heelwat groter pers of swart vruggies van sowat 1 cm in deursnee.[5] C. australis is van Mediterreense oorsprong. Dit het blare met 'n growwe bokant, en vrugte soos dié van C. occidentalis. C. sinensis is van oos-Asiatiese oorsprong en het donker, glansende blare, wat slegs aan die ondersy effens behaard is. Dit het donkeroranje vruggies van sowat 6 mm in deursnee. Die talryke vruggies word aan kort, stewige stingels gedra.[5]

Die hophout is vroeër as 'n Celtis-spesie geklassifiseer, en kan eweneens maklik vir 'n witstinkhout aangesien word.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Plant List: A Working List of All Plant Species". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2019. Besoek op 7 Maart 2014.
  2. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  3. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 23. ISBN 978-1-77007-759-1.
  4. http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3436-1
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Henderson, Lesley (2001). Alien weeds and invasive plants: a complete guide to declared weeds and invaders in South Africa, including another 36 species invasive in that region. Pretoria: Plant Protection Research Institute. p. 168. ISBN 1868491927.

Bronne

[wysig | wysig bron]