Witysterhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae |
Genus: | Vepris |
Spesie: | V. lanceolata
|
Binomiale naam | |
Vepris lanceolata (Lam.) G.Don, (1831)
|
Die Witysterhout (Vepris lanceolata, voorheen Vepris undulata) is 'n boom wat naby kusstroke groei. Die spesie is inheems aan Kenia, Mauritius, Mosambiek, Rodrigues, Réunion en Tanzanië. In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo,Mpumalanga, Oos-kaap en die Wes-Kaap. In droë gebiede of in sandgrond naby die kus is die boom klein maar word groot in immergroen woude; tot 20 m hoog.