Wolkberg-weduwee | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | D. clara
|
Binomiale naam | |
Dingana clara (van Son, 1940)[1]
| |
Sinonieme | |
|
Die Wolkberg-weduwee (Dingana clara), is 'n skoenlapper in die familie Nymphalidae (vierpootskoenlappers). Dit kom slegs voor in die Wolkberg bokant Tzaneen in die Limpopoprovinsie.
Die vlerkspan is 60–65 mm vir mannetjies en 56–62 mm vir wyfies. Volwassenes is van September tot November op vlerk (met 'n hoogtepunt in Oktober). Daar is slegs een generasie per jaar.[2]
Die larwes voed waarskynlik op verskeie Poaceae- (gras)spesies, insluitend Pennisetum clandestinum.