Wollerige baakhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Geraniales |
Familie: | Francoaceae |
Genus: | Greyia |
Spesie: | G. radlkoferi
|
Binomiale naam | |
Greyia radlkoferi Szyszyl., (1888)
|
Die Wollerige baakhout (Greyia radlkoferi) is 'n boom wat voorkom aan woudrande, in klowe en langs stroomoewers in die Lebomboberge en die noordelike Drakensberge. Dit is inheems aan Eswatini en Suid-Afrika en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[1]
Die onderkant van die blaar is met digte hare bedek wat dit kenmerkend geelwit van kleur maak.