Wostokmeer | |
---|---|
![]() Nasa-Radarsatellietbeeld van die Wostokmeer | |
![]() Ligging van die Wostokmeer | |
Koördinate: | 77°30′S 106°00′O / 77.500°S 106.000°O |
Ligging: | Antarktika |
Soort: | Ondergletserse kloofmeer |
Oppervlakte: | 12 500 km² (4 830 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 432 m (1 417 vt) |
Maksimum diepte: | 510 m (1 700 vt)[1] tot 900 m (3 000 vt)[2] |
Volume: | 5 400 km³ (1 300 myl³)[2] ± 1 600 km³ (400 myl³) |
Lengte: | 250 km (160 myl)[1] |
Breedte: | 50 km (30 myl)[1] |
Eiland/e: | 1 |
Nedersettings: | Wostokstasie |
Gevries: | Heeltyd |
Die Wostokmeer (Russies: Озеро Восток, Ozero Wostok, letterlik: "Oosmeer") is met 'n oppervlakte van 12 500 km² die grootste van tot dusver sowat 400 bekende ondergletserse mere in Antarktika. Dit is naby die suidelike kouepool onder die Russiese Wostokstasie, onder die oppervlakte van die sentrale Oos-Antarktiese Ysplaat, geleë. Volgens sy oppervlakte is die Wostokmeer groter as die Onegameer (9 700 km²), maar kleiner as die Ladogameer (17 700 km²); albei in Rusland.
Die Wostokmeer is na die gelyknamige stasie genoem, wat op sy beurt na die Wostok (Восток), 'n sloep-van-oorlog-skip, genoem is; Wostok beteken "Oos" in Russies,[3] vergelyk Wladiwostok ("Oorheers die Ooste").
Daar word vermoed dat ongewone lewensvorme in die meer se vloeibare water, 'n fossiele waterreservoir, sal kan voorkom. Omdat die Wostokmeer 'n omgewing bevat wat vir miljoene se jare onder ys afgedek is, kan die voorwaardes lyk soos dié van ysbedekte oseane wat vermoedelik op Jupiter se Europa[4][5] en Saturnus se Enkelados sal kan bestaan.[6]