'n Wêreldtaal is 'n taal wat wyd verspreid deur 'n aansienlike hoeveelheid mense gepraat word, en wat deur baie mense as 'n tweede taal aangeleer word. 'n Wêreldtaal word nie net deur die aantal mense wat dit praat (as eerste of tweede taal) gekarakteriseer nie, maar ook deur sy geografiese verspreiding en die gebruik daarvan deur internasionale organisasies en in diplomatiese betrekkinge.[1] Wêreldtale is oor die algemeen van Europese oorsprong, as gevolg van die periode van Europese Imperialisme.