Xai-Xai (vroeër João Belo) | |
---|---|
Koördinate: 25°3′S 33°39′O / 25.050°S 33.650°O | |
Land | Mosambiek |
Provinsie | Gaza |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 116 343 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Xai-Xai (uitgespreek /ˈʃaj ˈʃaj/ voorheen bekend as João Belo) is 'n kusstad in die Gaza-provinsie, in suidelike Mosambiek. Die stad lê sowat 200 km noordoos van Maputo.
Xai-Xai is aan die Indiese Oseaan geleë en die Limpoporivier mond daaraan uit.[1] Die stad is in 'n wye vrugbare vlakte geleë waar rys verbou word. Die gebied is omtrent 9,8m bo seevlak.[2]
Xai-Xai is 5.1km vanaf Donguene, 4km vanaf Macandene, 2.7km vanaf Chiluane en 0,8km vanaf Tavene geleë.[2]
Xai-Xai, voorheen bekend as João Belo, het in die vroeë 1900's onder Portugese bewind ontwikkel as 'n metgesel vir die Lourenço Marques (tans Maputo) hawe, hoewel die stad wat ekonomiese ontwikkeling betref nooit juis met Mosambiek se grootste stad vergelyk kon word nie.[3] Voor die onafhanklikheid vanaf Portugal in 1975, was Xai-Xai bekend as João Belo, in die Oorsese Provinsie van Mosambiek.[2] Onder die Portugese bewind het João Belo se hawe en industriële sentrum gegroei en ontwikkel asook die omgewing se landbou. Rys en kasjoeneute is geoes en verwerk. Die vroeë stad het reeds dienste verskaf, insluitende 'n distrikshospitaal en bankdienste, asook 'n administratiewe sentrum. Toerisme was deurgaans belangrik met die beskikbare strande en hotelle.[4] In 1970 het die stad 63,949 inwoners gehad.
Xai-Xai is swaar getref deur die Mosambiekse vloed van 2000, met sommige geboue wat tot drie meter onder water was.[5] Die stad het egter kort nadat die water teruggetrek het weer vir besigheid geopen.[5]