Xerox

Xerox Corporation
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1906
Hoofkantoor Norwalk, ConnecticutVerenigde State
SleutelpersoneUrsula Burns (hoof uitvoerende beampte en voorsitter)
Gebied bedienWêreldwyd
Industriedokument dienste, digitale beelding, IT-dienste, IT-raadpleging
ProdukteKopieerders, uitstallings, fakse, drukkers, projektors, skandeerders en ander kantoor-toerusting
DiensteIT, besigheidskonsultasie en uitkontrakteer van dienste
Inkomste$22,39 miljard[1] (2012)
Bedryfsinkomste$1,34 miljard[1] (2012)
Netto inkomste$1,19 miljard[1] (2012)
Werknemers146 000[1] (2012)
Webwerfxerox.com
'n Xerox-fotostaatmasjien

Xerox is 'n Amerikaanse maatskappy wat wêreldwyd sake doen. Hulle vervaardig hoofsaaklik fotostaatmasjiene en drukkers, asook ander terminologieë waarmee dokumente bestuur en gereproduseer kan word. Hulle is bekend vir die bekendstelling van die eerste moderne fotokopieerders in die laat 1950's.[2]

Die maatskappy is in 1906 onder die naam Haloid gestig. Nadat hulle 'n patent van Chester Carlson vir die sogenaamde "xerografiese proses" bekom het, hernoem die maatskappy homself Xerox. Hulle hoofkantoor is in Norwalk, Connecticut geleë, hoewel die meeste van hul werknemers in die omgewing van Rochester in New York werk, waar die maatskappy oorspronklik ontstaan het. Die maatskappy het in Desember 2010 ongeveer 133 000 werknemers wêreldwyd gehad. Ursula Burns is vanaf 2009 die hoof uitvoerende beampte en voorsitter.

Xerox se hoofkantoor in Norwalk, Connecticut

Xerox se navorsers by sy Palo Alto-navorsingsentrum het verskeie belangrike elemente van persoonlike rekenaars uitgevind, soos die rekenaarmuis en "lessenaar"-georiënteerde koppelvlak.[3] Die maatskappy se bestuur het nie veel van hierdie uitvindings gedink nie, en hulle ingenieurs beveel om dit met Apple se tegnici te deel. Hierdie tegnologieë is deur Apple en later deur Microsoft gebruik. Dit was deels hieraan te danke dat die twee maatskappye die wêreld van persoonlike rekenaar vir so lank kon domineer.[4]

Mense in die Verenigde State van Amerika gebruik dikwels die term 'xerox' as 'n werkwoord vir die maak van fotostate.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Annual Report 2012, Financial Highlights" (in Engels). Xerox Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2017. Besoek op 30 September 2014.
  2. Kendall Haven (2005). 100 Greatest Science Inventions of All Time, p. 222-224, Libraries Unlimited. ISBN 1-59158-264-4, 9781591582649
  3. The first computer mouse New Launches. 2 Oktober 2007. Besoek op 21 September 2012
  4. How Xerox Forfeited the PC War Geargiveer 23 Julie 2008 op Wayback Machine Fool.com 18 September 2000. Besoek op 21 September 2012.
  5. Nancy LaRoche, Laurence Urdang (1978). The Synonym Finder, p. 1021, Rodale. ISBN 0-87857-236-8, 9780878572366

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]