Yggdrasil

"Die es Yggdrasil" (1886), deur Friedrich Wilhelm Heine.

Yggdrasil (van die Oudnoorse Yggdrasill) was in die Noorse mitologie 'n groot, sentrale heilige boom. Alles anders het daarom bestaan.

Yggdrasil kom voor in die Poëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisionele bronne, en die Prosaïese Edda, wat in die 13de eeu geskryf is. In albei bronne is Yggdrasil 'n groot esboom wat in die middel van die kosmos staan en baie heilig is. Die gode gaan elke dag na Yggdrasil vir hulle tradisionele samekomste.

Yggdrasil se takke strek tot ver in die hemel en die wortels streks tot ver in ander plekke; een in die put Urðarbrunnr in die hemel, een in die fontein Hvergelmir en die ander in die put Mímisbrunnr. In die boom woon wesens, insluitende die draak Níðhöggr, 'n arend en die takbokke Dáinn, Dvalinn, Duneyrr en Duraþrór.

Geleerdes glo oor die algemeen dat Hoddmímis holt, Mímameiðr en Læraðr ander name vir die boom is.

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die algemeen aanvaarde betekenis van die Oudnoorse Yggdrasill is "Odin se perd", en dus "galg". Dié vertolking kom daarvan dat drasill "perd" beteken en Ygg(r) een van die god Odin se baie name is. In die Poëtiese Edda-gedig Hávamál word beskryf hoe Odin homself offer deur hom aan 'n boom op te hang. Dit maak dié boom Oldin se galg. Die boom was dalk Yggdrasil.

'n Galg kan "die perd van die gehangde" genoem word en uit Odin se galg kon die uitdrukking "Odin se perd" voortgevloei het, wat toe die naam van die boom geword het.[1]

Daar is egter ook ander menings oor waar die boom se naam vandaan kom.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Simek, Rudolf (2007). Dictionary of Northern Mythology. Vert. deur Angela Hall. D.S. Brewer. ISBN 978-0-85991-513-7.

Skakels

[wysig | wysig bron]