Algemeen | |
---|---|
Naam | Yster(II)chloried |
IUSTC-naam | Yster(II)chloried |
Chemiese formule | FeCl2 |
Molêre massa | 126,75 g/mol[1] |
CAS-nommer | 7795-94-3[1] |
Voorkoms | Wit tot ligbruin poeier[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=359,3pm; c=1758pm[2] |
Ruimtegroep | R3m[3] |
Nommer | 160 |
Strukturbericht | C19 |
Smeltpunt | 667 °C[1] |
Kookpunt | 1026 °C [1] |
Digtheid | 3,16 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 450 [mg/kg][1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Yster(II)chloried is 'n verbinding van chloor met yster in sy oksidasietoestand van 2+. Dit is higroskopies.[2]
Komplekse chloroferraatione soos FeCl2−4 en Fe2Cl2−6 is uit oplossings bekend. Hulle het albei Fe2+-ione in tetraëdriese omringing. Die twee tetraëders in Fe2Cl2−6 deel ‘n rand.[4]
Yster(II)chloried kristalliseer in die romboëdriese CdCl2-tipe struktuur.[3] Die het 'n gelaagde toebroodjiesstruktuur met yster in 'n oktaëder van chlooratome.
Die verbinding vorm 'n groen tetrahidraat FeCl2.4H2O wat 'n monokliniese struktuur het (a=591±3 b=717±3, c=844±4; beta=ll2 ° 10'±20'. (P21/c) Die struktuur bestaan uit effens verwringde oktaëders [Fe(H2O)4Cl2] [5]
Yster(II)chloried kan verkry word deur reduksie van watervrye yster(III)chloried in 'n stroom droë waterstof by temperature 300-350 °C:[6]
Die stof kan deur sublimasie gesuiwer word in 'n stroom van droë HCl teen 700 °C, waar dit 'n dampdruk van 12 Torr het.[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)