Yul Brynner | |
![]() | |
Yul Brynner in ’n toneel uit The Ten Commandments.
| |
Geboortenaam | Joeli Borisowitsj Briner |
---|---|
Geboorte | 11 Julie 1920 Wladiwostok, RSFSR |
Sterfte | 10 Oktober 1985 New York Stad, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Yul Brynner, gebore as Joeli Borisowitsj Briner (Russies: Юлий Борисович Бринер) (11 Julie 1920 – 10 Oktober 1985),[1] was ’n Russies-gebore verhoog- en rolprentakteur. Hy was die bekendste vir die rol van Mongkut, koning van Siam, in die Rodgers & Hammerstein-musiekblyspel The King and I, asook van Ramses II in die 1956-prent The Ten Commandments en van Chris Adams in The Magnificent Seven.[2]
Brynner is in Wladiwostok in die Russiese Verre-Ooste gebore. Sy pa, Boris, was ’n myningenieur wie se pa Switsers en ma deels van Boerjaatse afkoms was.[3] Brynner se ma, Maria Dimitrijewna Blagowidowa, het studeer om ’n aktrise en sangeres te word.[3]
Brynner het sy agtergrond oordryf en vir die pers vertel hy is op die eiland Sachalin as Taidje Khan gebore en was deels van Mongoolse afkoms. Hy het dikwels ook na homself as Julius Briner verwys en was bekend vir sy kaal kop.[1]
Van sy bekendste rolprente was:
{{cite book}}
: Cite has empty unknown parameter: |month=
(hulp)