Hy is op 17 Julie 1961 in Brzeziny naby Łódź gebore. Zamachowski gradueer aan die akteurs-fakulteit van die Nasionale Filmskool in Łódź. Hy begin sy akteursloopbaan in 1981 en in 1989 verkry hy 'n mede-hoofrol in Deel tien (Dekalog, dziesiec ) van die regisseur Krzysztof Kieślowski se filmreeks, Dekalog.[1] Vier jaar later vertolk Zamachowski die hoofkarakter "Karol Karol" in Kieślowski se Trois couleurs: Blanc, die tweede van sy bekroonde Trois couleurs-trilogie. Hy is 'n tweemalige wenner van die Poolse Film-toekennings vir sy rolle in Robert Gliński se film Hi, Tereska (2001) en Andrzej Jakimowski se filmdrama Zmróż oczy (2004). [2]Sy ander noemenswaardige rolle is in Kazimierz Kutz se film Pułkownik Kwiatkowski (1996), Jerzy Hoffman se historiese film Ogniem i mieczem (1999) en Andrzej Wajda se biografiese rolprent Walesa: Man of Hope (2013). [3]
Tussen 1985 en 1997 het hy by The Studio Theatre opgetree, en sedert 1997 is hy verbonde aan die Teatr Narodowy (Afrikaans: Nasionale Teater) in Warskou. [4]