Zeebrugge | |
---|---|
Dorp | |
Die kerk van Zeebrugge | |
Ligging van Zeebrugge in die provinsie Wes-Vlaandere | |
Koördinate: 51°19′49″N 03°12′23″O / 51.33028°N 3.20639°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Wes-Vlaandere |
Munisipaliteit | Brugge |
Regering | |
• Burgemeester | Patrick Moenaert |
Bevolking | |
• Totaal | 4 094 |
Zeebrugge is 'n dorp aan die Belgiese kus wat deel is van Brugge, die hoofstad van die provinsie Wes-Vlaandere. Zeebrugge dien as beide 'n internasionale hawe asook vakansieoord met hotelle, restaurante, marina en 'n strand.[1][2] Zeebrugge het 4 094 inwoners (2012) en is in drie wyke verdeel: die strandwyk, die stasiewyk en die sentrum.
Tydens die 19de eeu is Brugge nouliks deur die industrialisering van België geraak. In 1907 word dit met Zeebrugge aangesluit en kry die stad 'n nuwe ekonomiese perspektief.
Brugge was in 1987 in die nuus nadat die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise op 6 Maart van die jaar omslaan terwyl dit die hawe verlaat en 193 mense aan boord omkom. Die veerboot was oor die Engelse Kanaal na Dover in Engeland onderweg.[3]