Zidanta II | |
---|---|
Koning van die Hetiete | |
Bewind | 15de eeu v.C. (middelchronologie) |
Voorganger | Hantili II |
Opvolger | Hoezzija II |
Gade | Jaja |
Familie | Hantili II (moontlik sy oom) |
Zidanta II was in die Bronstydperk van die 15de eeu v.C. 'n koning van die Hetitiese Middelryk.
Hy was moontlik die nefie van Hantili II, en sy vrou se naam was Jaja. Zidanta het 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n ander koning met die naam Pillija, sy eweknie in Kizzoewatna. Dit was die laaste vredesooreenkoms tussen 'n Hetitiese koning en 'n koning van Kizzoewatna.[1]
Zidanta is deur Hoezzija II opgevolg, maar hulle verwantslap is onduidelik.