Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Swede |
Landskap | Närke |
Län | Örebro |
Koördinate | 59°16′N 15°13′O / 59.267°N 15.217°O |
Stigting | 13de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal (kommun) | 1 620,6 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 34 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2023) | 159 348[2] |
- Bevolkingsdigtheid (kommun) | 98,3/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,4 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −2,2 / 17,9 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 677,9 mm |
Amptelike webwerf | orebro.se |
Örebro (Sweeds: [œrɛˈbruː], ) is 'n stad in Sentraal-Swede met 'n oppervlakte van 1 620,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 159 348 (2023). Örebro dien as die administratiewe hoofstad van sowel die län asook die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).
Örebro lê sowat 200 km wes van Stockholm, 300 km oos van Oslo en 300 km noordoos van Gotenburg. Dit is geleë naby die monding van die Svartån-rivier in die Hjälmarmeer, Swede se vierde grootste meer.
Die naam Örebro verwys na 'n brug (Sweeds: bro) oor die Svartån-rivier waar die stad geleë is. Die voorvoegsel Öre- is ontleen aan ör "gruis" (oewer)".[3] In 1265 het Birger Jarl 'n drif oor die Svartån-rivier deur 'n wagtoring laat beskerm. In die Middeleeue was Örebro 'n belangrike handelstad vir yster.
Örebro was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.