As ’n plutino het 2002 VE95 ’n 2:3-resonansie met Neptunus. Dit beteken hul wentelperiodes is gelyk aan 3/2.[2] Dit is al 291 keer tydens 19 opposisies waargeneem, met beelde van voor sy ontdekking wat van 1990 dateer.[3]
Die rotasieperiode van 2002 VE95 is onbekend, maar dit is waarskynlik tussen ses en nege uur.[7]
Die TNV se grootte word op 249,8+13,5−13,1 km geraam; dit is gebaseer op metings van sy termiese uitstraling deur die Herschel-ruimtesterrewag.[4] In sigbare lig is dit effens tot baie rooi (na gelang van verskeie waarnemings) en dit het ’n onbeduidende weerkaatsingspektrum.[8]
Die liggaam se naby-infrarooispektrum is plat, met twee duidelike absorpsiebande van waterys by 1,5 en 2 μm. Daar is ’n derde band van onsekere oorsprong naby 2,3 μm.[9] Die spektrumbesonderhede van 2002 VE95 stem ooreen met dié van 5145 Pholus, ’n sentour.[9] Die liggaam se oppervlak is heterogeen – die hoeveelheid verskillende ys- en nieyskomponente hang af van die waargenome gebied. Van die moontlike oppervlakmateriale is waterys, metanolys en verskeie toliene. Die metanolys word oor die algemeen met die rooier gebiede verbind. Dit lyk of 2002 VE95 se oppervlak ’n oeroorsprong het.[10]
↑Sheppard, Scott S.; Lacerda, Pedro; Ortiz, Jose L. (2008). "Photometric Lightcurves of Transneptunian Objects and Centaurs: Rotations, Shapes, and Densities". In Barucci, M. Antonietta; Boehnhardt, H.; Cruikshank, D.P.; Morbidelli, A. (reds.). The Solar System Beyond Neptune(pdf). University of Arizona Press. pp. 129–142. ISBN978-0-8165-2755-7.
↑Fornasier, S.; Barucci, M.A.; De Bergh, C.; Alvarez-Candal, A.; Demeo, F.; Merlin, F.; Perna, D.; Guilbert, A.; Delsanti, A.; Dotto, E.; Doressoundiram, A. (2009). "Visible spectroscopy of the new ESO large programme on trans-Neptunian objects and Centaurs: final results". Astronomy and Astrophysics. 508 (1): 457–465. arXiv:0910.0450. Bibcode:2009A&A...508..457F. doi:10.1051/0004-6361/200912582.
↑ 9,09,1Barucci, M. A.; Merlin, F.; Dotto, E.; Doressoundiram, A.; De Bergh, C. (2006). "TNO surface ices Observations of the TNO 55638 (2002 VE95) and analysis of the population's spectral properties". Astronomy and Astrophysics. 455 (2): 725–730. Bibcode:2006A&A...455..725B. doi:10.1051/0004-6361:20064951.
↑Barucci, M. A.; Merlin, F.; Perna, D.; Alvarez-Candal, A.; Müller, T.; Mommert, M.; Kiss, C.; Fornasier, S.; Santos-Sanz, P.; Dotto, E. (2012). "The extra red plutino (55638) 2002 VE95". Astronomy & Astrophysics. 539: A152. Bibcode:2012A&A...539A.152B. doi:10.1051/0004-6361/201118505.