Kalenders
|
|
Uranus
|
|
Die jaar 1781 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 81ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 26 Januarie – Achim von Arnim, Duitse digter en skrywer, en belangrike verteenwoordiger van die Duitse Romantiek († 1831).
- 13 Maart – Karl Friedrich Schinkel, Pruisiese argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper († 1841)
- 9 Junie – George Stephenson, Britse uitvinder († 1848).
- 23 Julie – William John Burchell, 'n Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer († 1863)
- 29 Oktober – Alexander Biggar, Britse Setlaar en soldaat († 1838)