2060 Chiron (Engels uitspraak: /ˈkaɪrən/; simbool: ), met die voorlopige naam 1977 UB en ook bekend as 95P/Chiron, is ’n kleinplaneet in die buitenste Sonnestelsel wat tussen Saturnus en Uranus om die Son wentel. Dit is in 1977 deur Charles Kowal ontdek en was die eerste van ’n nuwe klas voorwerpe wat nou as sentoure bekend is. Hulle is tussen die Asteroïde- en Kuipergordel geleë.
Hoewel dit aanvanklik ’n asteroïde genoem is en later net as ’n kleinplaneet met die naam "2060 Chiron" geklassifiseer is, is eindelik ontdek dit toon eienskappe wat tipies van ’n komeet is. Vandag word dit as beide ’n kleinplaneet en ’n komeet geklassifiseer en het dit daarom ook die komeetnaam "95P/Chiron".
Chiron is genoem na die sentourChiron in die Griekse mitologie. Michael Brown lys dit as ’n moontlike dwergplaneet. Dit het ’n gemete deursnee van 206 km,[18] wat naby die laer perk is van ’n ysagtige dwergplaneet (sowat 200 km).
Chiron is op 1 November 1977 deur Charles Kowal ontdek op foto's wat op 18 Oktober by die Palomar-sterrewag geneem is.[1][2] Dit het die voorlopige naam 1977 UB gekry.[19] Dit is ontdek toe dit naby sy afelium was[1] en was toe die verste bekende kleinplaneet. (Pluto, wat nou ’n dwergplaneet en dus ook ’n kleinplaneet is, is toe nog as ’n planeet beskou.)[19]
↑ 7,07,1Fornasier, S.; Lellouch, E.; Müller, T.; Santos-Sanz, P.; Panuzzo, P.; Kiss, C.; et al. (Julie 2013). "TNOs are Cool: A survey of the trans-Neptunian region. VIII. Combined Herschel PACS and SPIRE observations of nine bright targets at 70-500 mum". Astronomy and Astrophysics. 555: 22. arXiv:1305.0449. Bibcode:2013A&A...555A..15F. doi:10.1051/0004-6361/201321329.
↑Stansberry, John; Grundy, Will; Brown, Mike; Cruikshank, Dale; Spencer, John; Trilling, David; Margot, Jean-Luc (November 2007). "Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope". [astro-ph].