Vesta is die asteroïde met die tweede grootste massa naas die dwergplaneetCeres,[7][8][9] en maak ’n geraamde 9% van die massa van die Asteroïdegordel uit.[10] Die asteroïde Pallas is effens groter, en dus is Vesta die derde grootste wat volume betref.
Vesta is die laaste oorblywende aardagtige protoplaneet (waarvan die binnekant uit verskillende lae bestaan), van die soort wat die aardplanete gevorm het.[11][12][13][14] Verskeie stukke is 1 miljard en 2 miljard jaar gelede deur botsings uit Vesta geruk; dit het twee enorme kraters agtergelaat wat ’n groot deel van die asteroïde se suidelike halfrond uitmaak.[15][16] Afval van dié botsings het op die Aarde geval en dié meteoriete is ’n ryk bron van inligting oor die asteroïde.[17][18][19]
Vesta is die helderste asteroïde wat van die Aarde af sigbaar is. Sy maksimum afstand van die Son af is effens verder as die minimum afstand van Ceres van die Son af, hoewel sy wentelbaan binne dié van Ceres lê.[20]
Nasa se Dawn-ruimtetuig het op 16 Julie 2011 in ’n wentelbaan om Vesta inbeweeg vir ’n jaar lange ondersoek van die asteroïde. Dit het op 5 September 2012 die wentelbaan verlaat[21] om verder na Ceres te reis. Dit het dié dwergplaneet in Februarie 2015 bereik.
↑Mueller, T. G.; Metcalfe, L. (2001). "ISO and Asteroids"(PDF). European Space Agency (ESA) bulletin. 108: 38.
↑Menzel, Donald H.; and Pasachoff, Jay M. (1983). A Field Guide to the Stars and Planets (2nd uitg.). Boston, MA: Houghton Mifflin. p. 391. ISBN0-395-34835-8.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑Amos, Jonathan (22 Julie 2011). "Vesta rock turns for Dawn probe". BBC Online (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 14 Augustus 2011.
↑"A look into Vesta's interior" (in Engels). Max Planck Society. 6 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2011. Besoek op 7 Januarie 2011.