De Bisantyners poog nog 'n laaste keer, sonder sukses, om Egipte terug te verower van die Moslems.
Die Arabiere val onder Abdallah vir die tweede keer Nubië binne. Hulle beleër Dunqulah (Dongola) en vernietig díe stad se katedraal.
Koning Kalidurun van Dongola word gedwing om 'n jaarlikse skatting van 400 slawe te betaal, maar die Arabiere erken uiteindelik die onafhanklikheid van sy land.
Die christelike koninkryk Aloa, wat verder na die suide lê, bly met Soba as hoofstad, onafhanklik. Daar word indrukwekkende geboue opgerig en vanuit Aloa versprei die christendom na die weste in die Darfour-gebied.
Die regering van Japan verdeel grond in die streek van die hoofstad.