93ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 25 April 2021 | |
Plek | Union Station en Dolby-teater, Hollywood | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Nomadland | |
Beste regisseur | Chloé Zhao | |
Beste akteur | Anthony Hopkins | |
Beste aktrise | Frances McDormand | |
Meeste pryse | Nomadland (3) | |
Meeste benoemings | Mank (4) |
Die 93ste Oscar-toekenningsaand is deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Union Station en die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2020 en vroeg in 2021.
Dit is op 25 April 2021 gehou – twee maande later as wat aanvanklik beplan is, weens die uitwerking van Covid-19. Daarmee is die tydperk waarin rolprente in aanmerking kon kom tot 28 Februarie uitgestel. Die benoemdes is op 15 Maart 2021 aangekondig.[1] Die Suid-Afrikaanse dokumentêre film, My Octopus Teacher het die toekenning gewen vir die beste dokumentêre film.[2]
Dit was die vierde keer dat die Oscar-aand uitgestel is en die eerste keer sedert die 6de Oscar-toekenningsaand in 1934 dat rolprente wat in twee verskillende jare uitgereik is, op dieselfde seremonie vir pryse in aanmerking kom.[3]
Anthony Hopkins het op 83 jaar die oudste wenner in enige toneelspelkategorie geword.[4] Frances McDormand was die sewende persoon wat ’n derde Oscar wen, vir haar spel in Nomadland, asook die tweede een wat die prys vir beste aktrise drie keer wen.[5] Dié prent het ook die prys vir beste regisseur gewen: vir Chloé Zhao. As ’n Chinees is sy ook die eerste vrou van kleur wat dié prys wen, en die eerste vrou naas Kathryn Bigelow in 2010 vir The Hurt Locker.[6]
Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes.[7] Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste produksie-ontwerp | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|