![]() 'n Model van 99942 Apofis se vorm, met die veronderstelling dat die hele oppervlak dieselfde samestelling het. | |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
---|---|
Epog 13 September 2023 (Juliaanse dag 2453300,5) | |
Afelium | 1,0994 AE |
Perihelium | 0,7461 AE |
Halwe lengteas | 0,9227 AE |
Wentelbaanradius | 0,9225 AE |
Wentelperiode | 0,886 jaar |
Gem. omwentelingspoed | 30,73 km/s |
Gem. anomalie | 142,9° |
Gem. beweging | 1,11198°/dag |
Baanhelling | 3,339° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings |
|
Massa | 61 000 000 000 kg (veronderstel)[3] |
Spektraaltipe: | Sq[4] |
99942 Apofis (Engels: 99942 Apophis; voorlopige naam: 2004 MN4) is 'n nabyaarde-asteroïed en moontlik gevaarlike voorwerp van 450 x 170 m groot.[2] Dit het in Desember 2004 'n kort tydperk van kommer veroorsaak toe aanvanklike waarnemings gedui het op 'n moontlikheid van 2,7% dat dit op Vrydag 13 April 2029 teen die Aarde sou bots.
Verdere waarnemings het die moontlikheid uitgeskakel dat dit in 2029 teen die Aarde sou bots, maar die moontlikheid het gebly dat dit in dié jaar deur 'n streek, of "sleutelgat", van sowat 800 m breed sou beweeg wat die wentelbaan sou verander[5][6] en dat dit sou lei tot 'n botsing presies sewe jaar later, op Paassondag 13 April 2036.[7] Dié moontlikheid het dit op vlak 1 van die Torino-gevaarskaal gehou tot in Augustus 2006, toe bepaal is die moontlikheid dat dit deur dié streek sou beweeg, is baie klein. Die syfer op die Torino-skaal het toe tot nul gedaal. In die kort tyd dat dit vir die grootste kommer gesorg het, het die asteroïed die hoogste syfer (vlak 4 op 27 Desember 2004) op die Torino-skaal behaal.[8]
Die ontdekking van Apofis in 2004 is taamlik verbasend, want daar word geraam dat so 'n groot asteroïed, of 'n groter een, gemiddeld net elke 800 jaar naby die Aarde kom.[9][7] So 'n asteroïed sal die Aarde na verwagting elke 80 000 jaar tref.[10]
Dit is nou bekend dat Apofis in 2036 so naby as 'n derde van die Son se afstand aan die Aarde sal kom, in beide Maart en Desember,[1] – dit is omtrent die afstand van die planeet Venus wanneer dit die Aarde elke 1,6 jaar verbysteek. Simulasies in 2013 het gewys die Jarkofski-effek kan veroorsaak dat Apofis 'n "sleutelgat" in 2029 tref, sodat dit in 2051 naby aan die Aarde sal kom, en dat dit dan weer 'n "sleutelgat" kan tref wat veroorsaak dat dit die Aarde in 2068 tref. Die kans dat die Jarkofski-effek presies die regte waarde hiervoor sal hê, word egter bereken op twee uit 'n miljoen.[11][12]
Radarwaarnemings in Maart 2021 het die wentelbaan help verfyn,[13] en in Maart 2021 het die Jet Propulsion Laboratory aangekondig daar is geen kans dat Apofis die Aarde binne die volgende 100 jaar sal tref nie.[14][15] Sedert dié tyd het ses asteroïede 'n groter kumulatiewe kans as Apofis om die Aarde te tref, en nie een van hulle het 'n groter Torino-vlak as 0 nie.
Apofis is op 19 Junie 2004 deur Roy A. Tucker, David J. Tholen en Fabrizio Bernardi by die Kitt Peak-sterrewag ontdek.[1] Op 21 Desember 2004 het die asteroïed 0,0964 AE van die Aarde af verbybeweeg.[1]
Die voorwerp het aanvanklik die voorlopige naam 2004 MN4 gekry en die vroeë berigte en artikels het so daarna verwys. Nadat sy wentelbaan goed genoeg bereken was, het dit die nommer 99942 gekry (op 24 Junie 2005).
As dit 'n permanente nommer kry, mag sy ontdekkers 'n naam kies. Hulle het op 19 Julie 2005 die naam "Apofis" gekies.[17] Apofis is die Griekse naam van Apep, 'n vyand van die Egiptiese songod, Ra. Hy is die "onskepper", 'n bose slang wat in die ewige donkerte van die Doeat woon en probeer om Ra tydens sy nagtelike reis in te sluk.
Apep word in toom gehou deur Set, die Egiptiese god van storms en die woestyn.[18]
Tholen en Tucker, twee van die medeontdekkers van Apofis, is na berig word aanhangers van die televisiereeks Stargate SG-1. Een van die bekendste skurke is 'n buiteaardse wese met die Engelse naam Apophis. Dit is waarskynlik hoekom die asteroïed so genoem is. In die fiktiewe wêreld van die reeks was die skurk se agtergrond dat hy in antieke tye op Aarde gewoon en hom as 'n god voorgedoen het. Dit het die mite van die Egiptiese god met dié naam laat ontstaan.
Geskoei op Apofis se waargenome helderheid, is sy deursnee aanvanklik geraam op 450 m. 'n Beter raming wat op spektroskopiese waarnemings geskoei is, is 350 m. Van 2013 af lys Nasa die deursnee as 330 m en die massa as 4×1010 kg.[3]
Geskoei op radarbeelde wat in 2012-'13 geneem is, word voorspel Apofis is 'n lang voorwerp van 450 × 170 meter groot, en dat dit uit twee lobbe bestaan. Dit is moontlik 'n kontakdubbelvoorwerp met 'n relatief helder albedo van 0,35±0,10.
Apofis is 'n tuimelaar, wat beteken dit roteer nie om 'n vaste draaias nie, maar die draaias beweeg voortdurend.[19] Die gevolg is dat dit lyk of Apofis bolmakiesie slaan.
Die OSIRIS-REx-ruimtetuig het monsters van die asteroïed 101955 Benoe op 24 September 2023 na die Aarde teruggebring.[20] Nadat dit die houer met die monsters uitgeskiet het, kon die ruimtetuig sy oorblywende brandstof gebruik om nog 'n voorwerp te teiken tydens 'n verlengde sending.
Apofis is die enigste asteroïed wat die ruimtetuig kon bereik vir 'n lang besoek, eeder as 'n kort verbyvlug. Die verlengde sending is in April 2022 goedgekeur: OSIRIS-REx sal in April 2029 by Apofis aankom, 'n paar dae ná 'n nabynadering van die Aarde. Dit sal die asteroïed 18 maande lank bestudeer en nes op Benoe monsters neem. Die materiaal onder die oppervlak sal ook ontleed kan word.[21][22] Vir sy sending na Apofis is OSIRIS-REx hernoem tot OSIRIS-APEX (kort vir OSIRIS-Apophis Explorer).[23]
Today's impact monitoring results indicate that the impact probability for April 13, 2029, has risen to about 1.6%, which for an object of this size corresponds to a rating of 4 on the ten-point Torino Scale.