Agang Suid-Afrika | |
Agang SA | |
![]() | |
Leier | Andries Tlouamma |
---|---|
Slagspreuk | Restoring the Promise of Freedom |
Gestig | 18 Februarie 2013 |
Hoofkwartier | Posbus 31817, Braamfontein, 2017 |
Ideologie | Anti-korrupsie politiek, Progressiwisme |
Amptelike kleure | Groen |
Webblad | www |
Agang Suid-Afrika is 'n progressiewe Suid-Afrikaanse politieke party wat op 18 Februarie 2013 deur Mamphela Ramphele gestig is.[1] Die party moedig die hervorming van direkte regering aan en streef daarna “om ’n sterker demokrasie te bou waarin burgers die kern van openbare lewe sal wees”[2] en het beoog om die regerende African National Congress in die 2014 algemene verkiesing aan te vat.[3] Die naam “Agang” is ’n Suid-Sotho-woord wat beteken “om te bou”.[4] Die party se naam kan as ‘akhani’ in die Nguni-taalfamilie (Zoeloe, Swazi, Suid-Ndebele en Xhosa) vertaal word.
Op 28 Januarie 2014 is aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sou optree.[5][6] Hierdie rampspoedige poging tot ’n oorname van die DA is vyf dae later, op 2 Februarie beëindig toe Ramphele gesê het dat sy nie meer vir die DA beskikbaar is nie.[7]
In die munisipale verkiesing van 2021 het steun vir die party nasionaal tot 0,01% gedaal en die party het al sy setels in die algemene verkiesing van 2019 verloor.[8]
Die party is op vyf beginsels gebou: bemagtig mense om te regeer, bou effektiewe openbare dienste, bou ’n hergestruktureerde ekonomie, bou ’n moderne opvoeding- en opleidingstelsel en die heropbou van Suid-Afrika se posisie in Afrika en Internasionaal.[9] Agang is amptelik op 22 Junie 2013 in Pretoria as politieke party gestig.[10][11]
Na ’n aantal skandale in die party, waaronder bedrog met die verdwyning van R13 miljoen en ander,[12][13] het Ramphele op 8 Julie 2014 haar uittrede uit partypolitiek aangekondig en gesê dat sy geslaag het in haar doel om ’n politieke voertuig op die been te bring vir diegene wat nie ’n politieke stem het nie.[14]
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[15] | ![]() |
![]() |
![]() |
2014[16] | 52 350 | 0,28 | 2 |
Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
% | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | |
2014[16] | 0,11% | 0/63 | 0,20% | 0/30 | 0,42% | 0/73 | – | – | 0,36% | 0/49 | 0,13% | 0/30 | 0,44% | 0/33 | – | – | 0,30% | 0/42 |
Verkiesing | Stemme | % |
---|---|---|
2021[17] | ![]() |
![]() |
2016[18] | 5 493 | 0,01% |
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)