Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Albert Kellogg (6 Desember 1813 in Connecticut[1] – 31 Maart 1887 in Alameda, Kalifornië[1]), was 'n Amerikaanse dokter, Noord-Kaliforniese botanis en een van die sewe stigters van die Kalifornië Akademie van Wetenskappe (California Academy of Sciences) in 1853.[2][3]
Een van sy visioenêre idees was die insluiting van vroue in wetenskaplike en natuur-historiese werk, en twee vroue wat later as kurators by die Kalifornië Akademie van Wetenskappe opgeneem is, was Katherine Brandegee en Alice Eastwood.
Kellogg se spesialiteit was die studie van bome, en hy het uitgebreide illustrasies gemaak en 'n boek saam met Edward L. Greene uitgegee genaamd "Illustrations of West American Oaks".[4]