Alexander Hamilton | |
1ste Sekretaris van die Tesourie
| |
Ampstermyn 11 September 1789 – 31 Januarie 1795 | |
President | George Washington |
---|---|
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Oliver Wolcott |
Seniorbeampte van die weermag
| |
Ampstermyn 14 Desember 1799 – 15 Junie 1800 | |
President | John Adams |
Voorafgegaan deur | George Washington |
Opgevolg deur | James Wilkinson |
Afgevaardigder aan die kongres van die Konfederasie uit New York
| |
Ampstermyn 3 November 1788 – 2 Maart 1789 | |
Voorafgegaan deur | Egbert Benson |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Ampstermyn 4 November 1782 – 21 Junie 1783 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Januarie 1755 of 1757 Charlestown, Nevis |
Sterf | 12 Julie 1804 New York Stad, New York |
Politieke party | Federaliste |
Eggenoot/-note | Elizabeth Schuyler |
Kind(ers) | Philip Angelica Alexander James Alexander John Church William Stephen Eliza Holly Phil |
Alma mater | Kings College, New York |
Religie | Presbiteriaanse Kerk Episkopalies (bekeer) |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | New York (1775–1777) Verenigde State (1777–1800) |
Diens/Tak | New York Company of Artillery Continental Army United States Army |
Jare in diens | 1775–1776 (Milisie) 1776–1781 1798–1800 |
Rang | Major General U.S. Army Senior Officer |
Oorloë/Veldslae | Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog |
Alexander Hamilton (11 Januarie 1755 of 1757 – 11 Julie 1804) was 'n Amerikaanse staatsman.
Hamilton gaan in 1773 na New York en neem aktief deel aan die Amerikaanse Vryheidsoorlog. Deur sy organisering van ’n kompanie artillerie (in 1775) trek hy die aandag van die opperbevelvoerder George Washington, wat hom in 1777 as sy persoonlike adjudant en sekretaris benoem.
In 1786 gaan hy as afgevaardigde van die staat New York na die Annapolis Konvensie, wat die voorloper sou wees van die VSA se konstitusionele vergadering van 1787. Hamilton was 'n vurige voorstander van 'n grondwet met 'n sterk sentrale gesag en saam met James Madison en John Jay skryf hy die nou-beroemde artikels wat uitgegee is as die Federalist.
In die eerste kabinet van George Washington word hy Minister van Finansies en begin toe ’n omvattende reorganisasie deur die aanvaarding van die uitstaande skuld van die jong republiek aan die buiteland sowel aan spesifieke skuldeisers. Hy stig 'n nasionale bank (1791) en organiseer die belasting. Dit was Hamilton se idee dat die belange van die land en die van die industrie en handel moet saamgaan, en dat daarvoor 'n sterk nasionale gesag nodig was. Hierdie klem op die federale regering wek weerstand by die verdedigers van die regte van die afsonderlike state en so ontstaan vanuit hierdie teenstelling die Amerikaanse partystelsel. Hamilton en sy aanhangers word die Federaliste genoem en daarteenoor staan die Republikeine van Thomas Jefferson. Maar uit Hamilton se idees het die huidige Republikeinse Party gegroei.
Na sy ministerskap vestig Hamilton homself as advokaat in New York, maar van 1798 tot 1800, toe 'n oorlog met Frankryk dreig, was hy onderbevelvoeder van die leër. In 1800 steun hy sy teenstander Jefferson vir die presidentskap om so die Republikeinse leier in New York, Aaron Burr, teen te werk. Burr word daaroor slegs vise-president en die twee mans het 'n ernstige haat teenoor mekaar ontwikkel. In ’n tweegeveg tref Burr vir Hamilton, wat aan sy wonde sterf.