Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Alpha Herculis
| ||||
![]() | ||||
Die ligging van α Herculis in die sterrebeeld (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Hercules | |||
Spektraaltipe | M5 Ib-II[1] / G8III + A9IV-V[1] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 14m 38.853s / 17h 14m 39.181s[2] | |||
Deklinasie | +14° 23′ 25.0″ / +14° 23′ 23.98″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,35[2] (2,7 – 4)[3] / 5,322[2] | |||
Absolute magnitude (M) | -2,3[4] / 1,8 / 2,8[5] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | A | |||
Massa (M☉) | 2,5 | |||
Radius (R☉) | 400 | |||
Ligsterkte (L☉) | 7 244 – 9 333 | |||
Temperatuur (K) | 3 155 – 3 365 | |||
Komponent 2 | Ba | |||
Massa (M☉) | ~2,5 | |||
Ligsterkte (L☉) | 126 | |||
Temperatuur (K) | 4 900 | |||
Komponent 3 | Bb | |||
Massa (M☉) | ~2 | |||
Ligsterkte (L☉) | 26 | |||
Temperatuur (K) | 7 350 | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 360 | |||
Ouderdom (jaar) | 0,41 – 1,25 miljard | |||
Veranderlikheid | A: Halfreëlmatig[3] | |||
Veelvoudigheid | 3 sterre | |||
Ander name | ||||
Algethi, 64 Herculis, BD+14°3207, HIP 84345, CCDM J17146+1424, AAVSO 1710+14 A: HD 156014, HR 6406, SAO 102680 B: HD 156015, HR 6407, SAO 102681 | ||||
|
Alpha Herculis (α Herculis, afgekort as Alpha Her of α Her), is ’n veelvoudige ster sowat 360 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Hercules. Wanneer deur ’n teleskoop daarna gekyk word, kan die verskeie komponente onderskei word – die helderste een het die naam Rasalgethi.[6]
Alpha Herculis A en B (α¹ en α²) is meer as 500 AE (astronomiese eenhede) van mekaar af, met ’n geraamde wentelperiode van sowat 3 600 jaar. α¹ is ’n ralatief swaar, helder rooireus. α² is self ’n dubbelster: ’n geelreus (Ba, die primêre komponent) en ’n geelwitdwerg (Bb). Hulle wentel elke 51,578 dae om mekaar.
α¹ Herculis is ’n ART-ster met ’n waterstof- sowel as heliumskil om ’n gedegenereerde koolstof-suurstof-kern. Dit is op ’n geraamde afstand van 360 ligjare van die Son af, volgens Hipparcos,[7][8][9] en het ’n radius van sowat 280 miljoen km, wat rofweg 400 M☉, of 1,87 AE, is. As Rasalgethi in die middel van die Sonnestelsel was, sou sy radius verder gestrek het as die wentelbaan van Mars teen 1,5 AE, maar nie heeltemal so ver as die Asteroïdegordel nie. Nes die meeste rooireuse aan die einde van hul bestaan verloor Rasalgethi baie massa en dit vorm ’n dun gasomhulsel wat minstens 90 AE ver strek.[10]