Alpha Horologii (afgekort as α Hor) is ’n oranjekleurige reusester in die sterrebeeldHorlosie (Horologium). Met ’n skynbare magnitude van 3,85[3] is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit met die blote oog gesien word. Dit is sowat 115 ligjare van die Son af en beweeg weg teen ’n radiale snelheid van 21,6 km/s.[6]
Sy sterreklassifikasie van K2 III[1] dui daarop dat dit ’n K-tipe geëvolueerde reusester is. Dit beteken die ster het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Alpha Horologii se massa is sowat 1,55 sonmassas[4] en sy ligsterkte is 38 keer dié van die Son.[5] Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 5 028 K.[5]
↑ 1,01,1Gray, R. O. et al. (Julie 2006), "Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: Spectroscopy of Stars Earlier than M0 within 40 parsecs: The Northern Sample I", The Astronomical Journal132 (1): 161–170, doi:10.1086/504637, Bibcode: 2006AJ....132..161G.
↑ 3,03,13,23,3Cousins, A. W. J. (1973), "Revised zero points and UBV photometry of stars in the Harvard E and F regions", Memoirs of the Royal Astronomical Society77: 223–236, Bibcode: 1973MmRAS..77..223C.