Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | São Paulo |
Koördinate | 22°44′S 47°19′W / 22.733°S 47.317°W |
Stigting | 27 Augustus 1875 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 134 vk km |
Hoogte bo seevlak | 545 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 233 868 |
- Metropolitaanse gebied | 1 500 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 521,2/vk km |
Tydsone | UTC -2 |
- Somertyd | UTC -3 |
Burgemeester | Omar Najar (MDB) |
Amptelike Webwerf | prefeitura.sp.gov.br Geargiveer 5 Oktober 2014 op Wayback Machine |
Americana is 'n stad in die binneland van die Brasiliaanse deelstaat São Paulo met 'n oppervlakte van 134 vierkante kilometer en 233 868 inwoners (2017). Die stad lê in die metropolitaanse gebied van Campinas (Portugees: Região Metropolitana de Campinas), sowat 40 kilometer van Campinas en 140 kilometer van São Paulo af.
Americana het sy naam aan vlugtelinge van die Amerikaanse Burgeroorlog te danke wat hulle in 1866 in die gebied gevestig het. Een van die bekendste immigrante was William H. Morris, 'n senator van Alabama. Die nedersetting het ná die voltooiing van 'n spoorwegverbinding in 1875 en die oprigting van 'n katoenfabriek 'n ekonomiese opswaai beleef.
Omtrent 1904 het die dorp die naam Vila dos Americanos ("Dorp van die Amerikaners") en in 1924 stadstatus gekry. Tans vorm ligte nywerhede en voedselverwerking die ekonomiese basis van Americana.
Die belangrikste besienswaardighede is die "Opvoedkundig-Geskiedkundige Museum Dr. João da Silva Carrão", wat die slawerny en katoenverbouing behandel, en die Museum vir Eietydse Kuns.