Amerikaanse presidentsverkiesing 2016 | ||||
8 November 2016 | ||||
Kandidaat | Donald Trump | Hillary Clinton | ||
Party | Republikeinse Party | Demokratiese Party | ||
Deelstaat | New York | New York | ||
Adjunkpresidents- kandidaat |
Mike Pence | Tim Kaine | ||
Kieskollegestemme | 304 | 227 | ||
Deelstate | 30 + ME 2 [1] | 20 + D.C. | ||
Stemme | 62.984.828 | 65.853.514 | ||
Persentasie | 46,1 | 48,2 | ||
Kaart van die presidensiële verkiesing se uitslae volgens deelstate. |
Die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2016 (Engels: United States presidential election, 2016) is op 8 November 2016 gehou om te bepaal wie Barack Obama as die 45ste President van die Verenigde State van Amerika sal opvolg. Volgens Amendement XXII van die Grondwet van die Verenigde State kon Obama nie vir 'n derde termyn verkies word nie. Donald Trump van die Republikeinse Party verslaan die Demokratiese Hillary Clinton in die verkiesing en word so dié land se eerste sakeman as president. Hy is op 20 Januarie 2017 in die amp beëdig.
Die presidentsverkiesing is op dieselfde dag gehou as die parlementsverkiesing vir die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat.
Daar was 538 kieskollegestemme te verdeel. Die opkoms was 55,7 persent.
Hoofkandidate was:
Andere kandidate was: