Amos Elon

Amos Elon
Gebore4 Julie 1926
Sterf25 Mei 2009
Borgo Buggiano, Toskane, Italië
BeroepSkrywer, joernalis

Amos Elon (4 Julie 192625 Mei 2009) was 'n Israelse skrywer en joernalis.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Heinrich Sternbach (later Amos Elon) is gebore in Wene. Hy immigreer in 1933 as kind na die Britse mandaat van Palestina. Hy het regte en geskiedenis gestudeer in Israel en Engeland.[1] Hy was getroud met Beth Drexler, 'n literêre agent afkomstig van New York, saam met wie hy een dogter, Danae, gehad het.[2] In die 1990's het Elon baie van sy tyd in Italië begin spandeer. In 2004 het hy permanent daarheen verhuis, ontnuger met Israel se optrede sedert 1967. Elon is op 25 Mei 2009 op 82-jarige ouderdom in Borgo Buggiano in Toskane, Italië aan leukemie oorlede. In 2005 het sy dogter Danae 'n biografiese film oor hom vervaardig, getiteld Another Road Home.[3]

Loopbaan as joernalis

[wysig | wysig bron]

In die 1950's het Elon gedien as korrespondent oor Europese en Amerikaanse aangeleenthede vir die koerant Haaretz.[3] In 1971 het hy Haaretz vir 'n onbepaalde tyd verlaat, en in 1978 teruggekeer. Elon het in 2001 afgetree. Elon was 'n vroeë voorstander vir die skepping van 'n Palesteinse staat en Israel se onttrekking aan die gebiede wat dit in 1967 verower het.[1] Elon het hom ook uitgelaat oor die ontkenning van die Armeense volksmoord en Yad Vashem se boikot van die Internasionale Konferensie oor die Holocaust en Volksmoord in 1982 oor die konferensie se insluiting van die Armeense Volksmoord.[4]

Elon was die skrywer van nege boeke.[3] Hy het internasionasle bekendheid verwerf in die vroeë 1970's na die publikasie van The Israelis: Founders and Sons, wat beskryf is as "'n liefdevolle maar onverbiddelike portret van die vroeë Sioniste".[5] Hy is wyd beskou as een van Israel se voorste joernaliste.[6]

Sionisme

[wysig | wysig bron]

In 1975 het hy 'n bewonderende maar kritiese biografie geskryf oor Theodor Herzl, die stigter van Sionisme, maar later is hy ontnugter oor Sionisme.[7] In 2004 het hy sy huis in Jerusalem verkoop en na Toskane verhuis. In 'n onderhoud daardie jaar met Ari Shavit het hy verklaar dat Sionisme "homself uitgeput het" en dat hy dit "beskou as miskien die mins suksesvolle poging tot kolonialisme waaraan ek kan dink. Dit is die gekste koloniale regime in die moderne tyd waaraan ek kan dink."[8]

Akademiese loopbaan

[wysig | wysig bron]

In 2007–2008 was Elon 'n genoot aan die Sentrum vir Reg en Veiligheid aan New York-universiteit se regskool.[1]

Gepubliseerde werke

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Amos Elon's Bio Geargiveer 27 Februarie 2008 op Wayback Machine
  2. David B. Green (3 Julie 2009). "To cut or not to cut". Haaretz. Besoek op 23 Januarie 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 theguardian.com: "Amos Elon", 4 Jun 2009
  4. Auron, Yair (2003). The Banality of Denial: Israel and the Armenian Genocide. Rutgers University Press. pp. 223–224. ISBN 0-7658-0834-X.
  5. Ethan Bronner (25 Mei 2009). "Amos Elon, Israeli Author, Dies at 82". The New York Times. Besoek op 23 Januarie 2014.
  6. "Amos Elon". The New York Review of Books. Besoek op 23 Januarie 2014.
  7. Ethan Bronner, Amos Elon. Israel Author, Dies at 82 New York Times 25 Mei 2009
  8. Donald Macintyre, Amos Elon: Writer who became disillusioned with Zionism and advocated Palestinian self-determination The Independent 28 Mei 2009.
  9. latimes.com: "Hub of Ages : JERUSALEM: City of Mirrors by Amos Elon (Little, Brown: $19.95; 304 pp.)"

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]