Anaboom | |
---|---|
Eksemplaar in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin, Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Faidherbia |
Spesie: | F. albida
|
Binomiale naam | |
Faidherbia albida | |
Verspreiding van F. albida | |
Sinonieme | |
|
Die Anaboom (Faidherbia albida) - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini.
Alhoewel Akasias met aarvormige blomme byna altyd haakdorings het, is die anaboom die uitsondering. Die blomme is roomwit in are en die dorings is reguit – tot sowat 2 cm lank. Die boom word tot 30 m hoog. Die boom dra buitengewoon groot, gekromde helder oranje tot rooierige peule. Die peule word deur vee en wild gevreet.[1]
Die boom is die enigste spesie in die genus Faidherbia, wat aan die sub-familie Mimosoideae behoort en op sy beurt weer aan die familie Fabaceae behoort. Die boom se FSA-nommer is 159.[2][3]