Andorra

Prinsdom Andorra
Principat d'Andorra (Katalaans)
Vlag van Andorra Wapen van Andorra
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Virtus Unita Fortior
(Latyn vir: "Verenigde deug is sterker")
Volkslied: El Gran Carlemany, Mon Pare
(Katalaans vir: "Karel die Grote, my Vader")
Ligging van Andorra
Hoofstad Andorra la Vella

42°30′N 1°31′O / 42.500°N 1.517°O / 42.500; 1.517

Grootste stad Andorra la Vella
Amptelike tale Katalaansa
Regering

• Medeprinse

• Verteenwoordigers

Eerste minister
Unitêre parlementêre
semi-elektiewe diargie
Joan Enric Vives Sicília
Emmanuel Macron
Josep Maria Mauri
Patrick Strzoda
Xavier Espot Zamora
Onafhanklikheid
• van die Kroon Aragon
• van die Franse Ryk
• Huidige grondwet

8 September 1278[1][2]
1814
2 Februarie 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
467,63 km2  (178ste)
180,55 myl2
0,26b[3]
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
79 535[4] (203de)
76 949[5]
179,8 / km2 (71ste)
465,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$5,704 miljard[6]
($68 998[6])

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$3,669 miljard[6]
$44 387[6]

MOI (2021) 0,858[7] (40ste)  –  baie hoog
Gini (2003) 27,21c[8] –  laag
Geldeenheid Eurod ()
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .ade
Skakelkode +376
a. Grondwet van Andorra, Artikel 2.1. Spaans, Frans en Portugees word ook regoor die land gepraat en verstaan (sien Tale van Andorra.)
b. Girard P & Gomez P (2009), Lacs des Pyrénées: Andorre. "Andorra en xifres 2007: Situació geogràfica, Departament d'Estadística, Govern d'Andorra" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2009. Besoek op 1 April 2015.
c. "Informe sobre l'estat de la pobresa i la desigualtat al Principal d'Andorra (2003)" (PDF). Estadistica.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Augustus 2013. Besoek op 1 April 2015.
d. Voor 1999 is die Franse frank en Spaanse peseta gebruik; die note en munte van beide eenhede is egter as wettige betaalmiddel aanvaar tot 2002. Klein hoeveelhede van die Andorrese diner (gedeel in 100 centim) is gemunt na 1982.
e. Daarbenewens word ook .cat gebruik, gedeel met die Katalaanssprekende gebiede.

Andorra (Katalaans: [ənˈdorə], ), amptelik die Prinsdom Andorra (Katalaans: Principat d'Andorra, [pɾinsiˈpad dənˈdorə]), ook genoem die Prinsdom die Valleie Andorra[9] (Katalaans: Principat de les Valls d'Andorra), is 'n landingeslote dwergstaat in Suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë en omgrens deur Spanje en Frankryk. Dit is die sesde kleinste nasie in Europa, met 'n oppervlakte van 468 km2 (181 vk. m.) en 'n beraamde bevolking van 85 470 (2014). Die hoofstad, Andorra la Vella, is die hoogsliggende hoofstad in Europa teen 1 023 meter (3 356 vt) bo seevlak.[10] Die amptelike taal is Katalaans, hoewel Spaans, Portugees en Frans ook algemeen gepraat word.[11][12]

Nasa-satellietbeeld van Andorra

Die huidige prinsdom gevorm in 1278, het onder 'n handves van 988 tot stand gekom. Andorra staan bekend as 'n prinsdom aangesien dit 'n monargie is gelei deur twee mederegerende prinse – die Biskop van Urgell en die President van Frankryk.

Andorra is 'n welvarende land, grootliks te danke aan sy toerismebedryf, wat 'n geskatte 10,2 miljoen besoekers jaarliks bedien,[13] en ook danksy sy status as belastingtoevlugsoord. Dit is nie 'n lid van die Europese Unie nie, maar die euro is die de jure geldeenheid. Die inwoners van Andorra het die vierde hoogste lewensverwagting in die wêreld – 82 jaar by geboorte.[14]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die oorsprong van die woord "Andorra" is onbekend, hoewel daar al verskeie teorieë voorgestel is. Die oudste een is voorgestel deur die antieke Griekse historikus Polybios (Die Geskiedenisse III, 35, 1) wat die Andosins beskryf, 'n Iberiese voor-Romeinse stam, wat histories in die valleie van Andorra geleef en tydens die Puniese Oorloë die Kartagiese weermag op hul deurmars deur die Pireneë in die gesig gestaar het. Die woord Andosini of Andosins (Grieks: Ἀνδοσίνοι) is dalk ontleen aan die Baskiese woord handia wat "groot" of "giganties" beteken.[15] Die Andorrese toponimie dui op oorblyfsels van die Baskiese taal in die gebied. Volgens 'n ander teorie is die woord Andorra dalk ontleen aan die ou woord Anorra wat die Baskiese woord ur ("water") bevat.[16]

Volgens 'n ander teorie is die woord Andorra dalk ontleen aan die Arabiese woord ad-dārra (الدَّارَة) wat op 'n stuk grond dui geleë tussen berge of 'n sterk beboste gebied[17] (met ad- as die bepaalde lidwoord). Toe die Arabiere en More die Iberiese Skiereiland verower het, was die valleie van die Hoë Pireneë met groot woudgebiede bedek. Dié streke is nooit deur Moslems regeer nie, omdat die geografie direkte heerskap belemmer het.[18]

Ander teorieë stel voor dat die term afgelei is van die Navarro-Aragonese "andurrial" wat "land bedek met bosse" of "struikland" beteken.[19]

Volgens die volksetimologie het Karel die Grote die streek genoem na die Bybelse vallei Endor of Andor (waar die Midianiete verslaan is), 'n naam wat later deur sy seun en opvolger Lodewyk die Vrome na sy oorwinning teen die More aan die "wilde valleie van die Hel" gegee is.[20]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die Andorrese wapenskild by die Andorrese parlement.

Volgens oorlewering het Karel die Grote (Charlemagne) 'n handves uitgereik aan die mense van Andorra as vergoeding vir hulle stryd teen die More.

Opperheerskappy oor die gebied is uitgeoefen deur die Graaf van Urgell en naderhand deur die biskop van die Bisdom van Urgell. In 988 het Borrell II, Graaf van Urgell, die Andorra-valleie aan die Bisdom van Urgell oorhandig in ruil vir grond in Cerdanya.[21] Sedertdien is die Bisdom van Urgell, geleë in Seu d'Urgell, die eienaar van Andorra.[22]

Voor 1095 het Andorra geen vorm van militêre beskerming geniet nie en het die Biskop van Urgell, wat geweet het die Graaf van Urgell wil die valleie terugneem,[22] die Heer van Caboet gevra vir ondersteuning en beskerming. In 1095 het die Heer van Caboet en die Biskop van Urgell, onder eed, 'n deklarasie onderteken wat beide mede-soewereiniteit oor Andorra gee. Arnalda, dogter van Arnau van Caboet, het met die Burggraaf van Castellbò in die huwelik getree en albei word daarna Burggrawe van Castellbò en Cerdanya. Jare daarna het hul dogter, Ermessenda,[23] in die huwelik getree met Roger Bernat II, die Franse Graaf van Foix. Hulle word toe Roger Bernat II en Ermessenda I, Grawe van Foix, Burggrawe van Castellbò en Cerdanya, en mede-heersers van Andorra (gedeel met die Biskop van Urgell).

In die 11de eeu het daar 'n dispuut ontstaan tussen die Biskop van Urgell en die Graaf van Foix. Die konflik is ontlont in 1278 deur bemiddeling van Aragon met die ondertekening van die eerste oktrooi in Katalonië, wat voorsiening daarvoor maak dat Andorra se soewereiniteit gedeel word deur die Graaf van Foix[22] (wie se titel uiteindelik oorgedra sou word aan die Franse staatshoof) en die Biskop van Urgell. Dit gee aan die prinsdom sy grondgebied en politieke struktuur.

Oor die jare heen is die mede-titel vir Andorra oorgedra aan die konings van Navarre. Nadat Hendrik van Navarre, Koning Hendrik IV van Frankryk geword het, reik hy in 1607 'n edik uit wat die Franse staatshoof en die Biskop van Urgell bevestig as die gesamentlike prinse van Andorra. In 1812–1813 het die Eerste Franse ryk Katalonië geannekseer en in vier départements verdeel. Andorra word deel van die Puigcerdà-distrik (département van Sègre).

20ste eeu

[wysig | wysig bron]
Boris Skossyreff, kortliks self-geproklameerde "Koning van Andorra" in 1934.

Andorra verklaar oorlog teen die Duitse Keiserryk tydens die Eerste Wêreldoorlog, maar neem egter nie deel aan die gevegte nie. Die prinsdom bly in 'n toestand van oorlog tot 1939 aangesien hy nooit ingesluit was by die Verdrag van Versailles nie.

In 1933 beset Frankryk Andorra as gevolg van sosiale onrus voor verkiesings. Op 12 Julie 1934 reik die avonturier Boris Skossyreff 'n proklamasie uit in Urgell en verklaar homself as "Boris I, Koning van Andorra", en verklaar verder ook oorlog teen die Biskop van Urgell. Hy is op 20 Julie gearresteer deur Spaanse owerhede en op die ou einde ook uitgesit uit Spanje. Van 1936 tot 1940 is 'n Franse afdeling in Andorra gestasioneer om die invloed van die Spaanse Burgeroorlog en Francisco Franco se Spanje te keer. Franco se troepe bereik die Andorrese grens in 'n latere stadium van die oorlog. Tydens die Tweede Wêreldoorlog bly Andorra neutraal en word 'n belangrike smokkelroete tussen Vichy-Frankryk en Spanje.

Gegewe sy relatiewe isolasie bly Andorra buite die hoofstroom van Europese geskiedenis met enkele bande met lande buiten Frankryk en Spanje. In die afgelope tyd het die land se florerende toerismebedryf tesame met vooruitgang in vervoer en kommunikasie hom egter uit sy isolasie laat kom. Die politieke stelsel is gemoderniseer in 1993 na dit 'n lid geword het van die Verenigde Nasies en die Raad van Europa.

Politiek

[wysig | wysig bron]

Andorra is 'n parlementêre gesamentlike prinsdom met die President van Frankryk en die Biskop van Urgell (Katalonië, Spanje), as onderskeie prinse. Hierdie eienaardigheid maak van die President van Frankryk in sy hoedanigheid as die Prins van Andorra, 'n verkose regerende vors, selfs al is hy nie deur 'n populêre stem van die Andorrese verkies nie. Andorra se politiek vind plaas binne 'n raamwerk van 'n parlementêre verteenwoordigende demokrasie, met die eerste minister van Andorra as staatshoof, en 'n veelvormige veelpartystelsel.

Die huidige eerste minister is Xavier Espot Zamora van die Demokrate vir Andorra (DA). Uitvoerende gesag word deur die regering uitgeoefen. Wetgewende gesag is in beide die regering en parlement gevestig.

Casa de la Vall, die historiese en seremoniële parlement van Andorra
Die nuwe parlement van Andorra, hoofkantoor van die Algemene Raad sedert 2011, langs Casa de la Vall

Die parlement van Andorra staan bekend as die Algemene Raadsvergadering. Die Algemene Raadsvergadering bestaan uit tussen 28 en 42 raadslede, soos die lede van die wetgewende gesag genoem word. Die raadslede dien vir 'n tydperk van vier jaar en verkiesings word gehou tussen die dertigste en veertigste dag na die ontbinding van die vorige raadsvergadering. Die raadslede kan verkies word vanuit twee gelyke kiesafdelings.

Helfte word verkies in gelyke getalle vanuit elk van die sewe administratiewe gemeentes en die ander helfte van die raadslede word verkies vanuit 'n enkele nasionale kiesafdeling. Vyftien dae na die verkiesing vind die raadslede se inhuldiging plaas. Gedurende die geleentheid word die Algemene adviseur wat aan hoof van die Algemene raadsvergadering staan en die Algemene sub-adviseur, sy assistent, verkies. Agt dae later kom die raadsvergadering weer byeen. Tydens die geleentheid word die Staatshoof, die eerste minister, verkies vanuit die raadslede.

Kandidate vir nominasie vir eerste minister kan benoem word deur 'n minimum van een vyfde van die raadslede. Die raadsvergadering verkies dan die kandidaat met die absolute meerderheid van stemme as die nuwe staatshoof. Die Algemene adviseur verwittig dan die twee mede-prinse, wat weer op hulle beurt die verkose kandidaat aanstel as die eerste minister van Andorra. Die Algemene raadsvergadering is ook verantwoordelik vir die voorstel en goedkeuring van nuwe wette. Wetsontwerpe mag aan die Raadsvergadering voorgestel word as 'n private wetsontwerp, deur drie van die plaaslike gemeentes gesamentlik, of deur ten minste 'n tiende van die burgers van Andorra.

Die Algemene vergadering keur ook die jaarlikse begroting van die prinsdom goed. Die regering moet die voorgestelde begroting vir parlementêre goedkeuring ten minste twee maande voor die vorige begroting se tydperk verstryk, inhandig. Indien die begroting nie goedgekeur word teen die eerste dag van die daaropvolgende jaar nie word die vorige begroting verleng tot 'n nuwe een goedgekeur is. Sodra enige wetsontwerp goedgekeur is, is die Algemene adviseur verantwoordelik daarvoor om dit aan die twee prinse voor te lê vir ondertekening en uitvoering.

Indien die Staatshoof nie tevrede is met die Raadsvergadering nie, mag hy versoek dat die prinse dit ontbind en 'n nuwe verkiesing afkondig. Die raadslede het ook die mag om die Staatshoof uit sy amp te onthef. Na 'n mosie van wantroue deur ten minste een vyfde van die raadslede aanvaar is, sal die Raadsvergadering daaroor stem, en indien dit 'n absolute meerderheid van stemme ontvang sal die eerste minister uit sy stoel gelig word.

Justisie en strafreg

[wysig | wysig bron]

Die regbank word saamgestel uit die Landdroshof, die Strafregtelike hof, die Hooggeregshof van Andorra en die Konstitusionele hof. Die Hooggeregshof word saamgestel uit vyf regters: een aangestel deur die staatshoof, een elk deur die twee prinse, een deur die Algemene adviseur en een deur die regters en magistrate. Die regbank word gelei deur die lid aangestel deur die Algemene adviseur, en die regters beklee die amp vir 'n dienstermyn van ses jaar.

Die magistrate en regters word deur die Hooggeregshof aangestel, en so ook die president van die Strafregtelike hof. Die Hooggeregshof stel ook die lede van die Kantoor van die Prokureur-Generaal aan. Die Konstitusionele hof is daarvoor verantwoordelik om die grondwet te vertolk en alle versoeke om appèl wat indruis teen die grondwet en ander verdrae, te hersien. Dit bestaan uit vier regters, een elk gekies deur die prinse en twee deur die Algemene raadsvergadering. Hulle beklee 'n agt-jaar termyn. Die hof is onder leierskap van die een van die regters en word elke twee jaar afgelos, sodat elke regter op een stadium die leisels dra.

Buitelandse betrekkinge, verdediging en sekuriteit

[wysig | wysig bron]
Ambassade van Andorra in Brussel, België

Sedert die totstandkoming van soewereiniteit met die bekragtiging van die grondwet in 1993, het Andorra voort beweeg om 'n aktiewe deelnemer van die internasionale gemeenskap te word. In Julie 1993 vestig Andorra sy eerste diplomatieke missie in die wêreld na die Verenigde Nasies. Vroeg in 1995 stel die Verenigde State en Andorra formele diplomatieke bande in. Andorra brei ook verhoudings uit met ander nasies. Andorra onderhou ses ambassades buite sy grense: in Oostenryk, België, Frankryk, Spanje, Portugal en die Verenigde State (in New York).[24] Die prinsdom se permanente missie na die Verenigde Nasies in New York dien ook as hulle ambassade na die Verenigde State, Kanada en Meksiko. Frankryk, Spanje en Portugal het ambassades in Andorra. Switserland het 'n konsulaat-generaal in Andorra.[25] Buitelandse sake word na omgesien deur die Ministerie van Buitelandse sake (Katalaans: Ministeri d'Afers Exteriors).

Andorra het geen gewapende magte nie.[12] Daar is wel 'n klein seremoniële weermag. Die verantwoordelikheid vir die verdediging van die land berus hoofsaaklik op Frankryk en Spanje.[26] Nietemin, met noodgevalle en natuurrampe word die Sometent ('n alarm) geroep en alle weerbare mans tussen die ouderdomme van 21 en 60, van Andorrese nasionaliteit, moet vir diens aanmeld.[27][28] Dit is waarom alle Andorrese, en veral die hoof van die huishouding (gewoonlik die oudste weerbare man in die huis), volgens wet, 'n wapen aanhou, alhoewel wetgewing ook voorsiening daarvoor maak dat die polisie 'n vuurwapen sal voorsien indien nodig.[28] Andorra is 'n volle lid van die Verenigde Nasies (VN), die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), en het 'n spesiale ooreenkoms met die Europese Unie (EU).

Weermag

[wysig | wysig bron]

Andorra het 'n beskeie weermag wat histories opgerig en hersaamgestel is op verskeie datums, maar het nooit 'n staande mag gehad nie. Die basiese beginsel rondom die verdediging van Andorra is dat alle weerbare mans beskikbaar is om te veg, indien hulle geroep word deur die lui van die Sometent. Die pligte van die Andorrese weermag is geheel en al seremonieel.

Hedendaags bestaan die weermag uit 'n klein groepie vrywilligers wat bereid is om seremoniële pligte uit te voer. Uniforms is van generasie tot generasie oorgedra binne families en gemeenskappe. Ondanks die feit dat Andorra nie in enige gevegte betrokke was nie, was die land tegnies die langdurendste vegters in die Eerste Wêreldoorlog, aangesien die land uitgesluit was by die Versailles Vredeskonferensie, en was tegnies in 'n oorlog betrokke met Duitsland vanaf 1914 tot 1939.[29]

Die weermag se rol in binnelandse veiligheid is grootliks oorgeneem deur die Polisiemag van Andorra in 1931. Kortstondige burgerlike oproer, gekoppel aan die verkiesing van 1933, het gelei tot 'n vraag na ondersteuning vanaf die Franse polisie, tesame met 'n afdeling inwoners van Andorra onder die bevel van René-Jules Baulard, vir ongeveer twee maande.[30] Die Weermag van Andorra is die daaropvolgende jaar hervorm, met elf soldate wat aangestel is in 'n raadgewende hoedanigheid.[31] Die mag het bestaan uit ses Korporaals, een vir elke gemeente (hoewel daar tans sewe gemeentes is, daar was tot 1978 slegs ses), plus vier junior stafoffisiere om aksies te koördineer, en 'n bevelvoerder met die rang van Majoor. Dit was die verantwoordelikheid van die ses korporaals, elk in sy eie gemeente, om 'n gevegsmag van bekwame mans op die been te bring.

Hedendaags is 'n twaalf-tal seremoniële eenhede die enigste oorblywende staande afdeling van die Andorrese weermag. Alle weerbare mans is tegnies beskikbaar vir militêre diens,[32] met die vereiste dat elke gesin toegang het tot 'n vuurwapen. Die weermag het vir meer as 700 jaar nooit geveg nie en sy vernaamste verantwoordelikheid is om die Andorrese vlag te presenteer tydens seremoniële geleenthede.[33][34] Volgens Marc Forné Molné bestaan Andorra se militêre begroting slegs uit vrywillige skenkings en die beskikbaarheid van voltydse vrywilligers.[35]

Die mite dat alle lede van die Andorrese weermag die rang van offisier dra word graag in stand gehou in heelwat naslaanwerk.[36][37] In die werklikheid dra almal wat diens doen in die permanente seremoniële reserwemag die rang van offisier of onderoffisier. Die ander range word gesien as die van die res van die beskikbare manlike bevolking, wat nog steeds opgeroep kan word met die Sometent om diens te verrig, hoewel so 'n oproep nog nie in hedendaagse tye nodig was nie.

Die Grup d'Intervenció Policia d'Andorra (GIPA) is 'n klein spesiale-mag eenheid opgelei in teen-terrorisme en gyselaarbeveiliging. Hoewel dit die naaste kom aan 'n aktiewe militêre mag, is dit deel van die Polisiemag, en nie die Weermag nie. Aangesien terrorisme en gyselaarsdramas 'n skaars bedreiging is vir die nasie, word die GIPA dikwels aangewend vir die begeleiding van gevangenes en soms vir roetine polisiewerk.[38]

Polisiemag

[wysig | wysig bron]
Nasionale Polisie patrolleer in die middestad van Andorra la Vella

Andorra onderhou 'n klein, maar moderne en goed toegeruste polisiemag van ongeveer 240 polisiebeamptes, ondersteun deur burgerlike hulp. Die vernaamste dienste wat deur die korps gelewer word, is gemeenskapspolisiëring in uniform, opsporing van kriminele, grensbeheer en verkeerswettoepassing. Daar is ook klein spesialis eenhede insluitend honde-eenhede, bergredding en bomruimafdelings.[39]

Brandweer

[wysig | wysig bron]

Die Andorrese Brandweer, met hul hoofkwartier in Santa Coloma, is bedrywig vanuit vier moderne brandweerstasies en bestaan uit 120 brandbestryders. Die diens is uitgerus met 16 swaar toestelle (brandweerwaens, draaitafellere en spesialis viertrekvoertuie), 4 ligte ondersteuningsvoertuie (motors en bagasiewaens) en 4 ambulanse.[40]

Volgens oorlewering het die families van die aanvanklike ses gemeentes van Andorra 'n plaaslike ooreenkoms onderhou dat hulle mekaar sou ondersteun met brandbestryding. Die eerste spuitpomp aangekoop deur die regering is in 1943 bekom. Ernstige brande (wat vir twee dae gewoed het) in dele van die prinsdom in Desember 1959 het gelei tot uitroepe vir 'n permanente brandweerdiens. Die Andorrese Brandweer is gestig op 21 April 1961.[41]

Die brandweerdienste handhaaf voltydse dekking met 5 brandspanne op diens ter enige tyd – twee by die hoofkwartiere in Santa Coloma en een span by elk van die ander drie brandweerstasies.[42]

Geografie

[wysig | wysig bron]

Gemeentes

[wysig | wysig bron]
Kaart van Andorra met sy sewe gemeentes gemerk.

Andorra bestaan uit sewe gemeentes:

  • Andorra la Vella
  • Canillo
  • Encamp
  • Escaldes-Engordany
  • La Massana
  • Ordino
  • Sant Julià de Lòria

Fisiese geografie

[wysig | wysig bron]
Uitsig van die Andorrese berge.
Topografiese kaart van Andorra

Vanweë sy ligging in die oostelike Pireneë, bestaan Andorra hoofsaaklik uit robuuste berge, waarvan die hoogste Coma Pedrosa is teen 2 942 meter (9 652 vt), en die gemiddelde hoogte van Andorra is 1 996 meter (6 549 vt).[43] Hy word verkloof deur drie nou valleie in 'n Y-vorm wat saamloop in een, soos die hoofstroom, die Gran Valirarivier, die land verlaat na Spanje (by Andorra se laagste punt van 840 m/2 756 vt). Andorra se landsoppervlak is 468 km2 (181 vk. m.).

Fitogeografies behoort Andorra aan die Atlanties-Europese provinsie van die Sirkum-boreaalstreek binne die Borealiese Koninkryk. Volgens die WWF behoort die streek van Andorra aan die Pirenese gemengde en naaldwoude ekologiese streek.

Klimaat

[wysig | wysig bron]

Andorra het 'n Alpynse en kontinentale klimaat. Sy hoër ligging beteken dat daar gemiddeld meer sneeu val in die winter, humiditeit laer is en dat dit effens koeler is in die somer. Daar is gemiddeld 300 dae per jaar sonskyn.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]
Uitvoere in 2009

Toerisme, die steunpilaar van Andorra se klein maar vooruitstrewende ekonomie is verantwoordelik vir rofweg 80% van die BBP. 'n Geskatte 10,2 miljoen toeriste besoek die land jaarliks,[13] gelok deur Andorra se belastingvrye status en die somer- en winteroorde. Andorra se relatiewe voordeel het onlangs begin verweer na die aangrensende Frankryk en Spanje hul ekonomieë oop gemaak het, en nou 'n wyer beskikbaarheid van goedere lewer, asook laer tariewe.

Die bankbedryf met sy belastingparadysstatus, dra ook heelwat by tot die ekonomie. Landbouproduksie is beperk – slegs 2% van die land is bewerkbaar – en meeste kos word ingevoer. 'n Bietjie tabak word plaaslik verbou. Veeboerdery behels hoofsaaklik skaapboerdery. Produksie bestaan hoofsaaklik uit sigarette, sigare en meubels. Andorra se natuurlike hulpbronne sluit hidro-elektriese krag, mineraalwater, hout, ystererts en lood in.[12]

Andorra is nie 'n lid van die Europese Unie nie, maar geniet 'n spesiale verhouding met die Unie, soos om as 'n lid behandel te word met handel in vervaardigde goedere (geen tariewe nie), en as 'n nie-EU lid vir landbouprodukte. Andorra het nie 'n eie geldeenheid gehad nie en het beide die Franse frank en die Spaanse peseta gebruik vir banktransaksies tot en met 31 Desember 1999, waarna beide geldeenhede vervang is met die EU se enkele geldeenheid, die euro. Muntstukke en note van beide die frank en peseta is as wettige betaalmiddel aanvaar in Andorra tot 31 Desember 2002.

Andorra het met 2,9%, soos berig in 2009, een van die wêreld se laagste werkloosheidsyfers.[12]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Bevolking

[wysig | wysig bron]
Die dorp Encamp, Andorra, soos gesien van die Vall dels Cortals

Die bevolking van Andorra word geskat op 85 082 (Julie 2011).[12] Dit het gegroei vanaf 5 000 in 1900.

Andorrese burgers is 'n meerderheid in die land (31 363 / 33%);[44] ander nasionaliteite sluit Spanjaarde (27 300 / 23%),[44] Portugese (13 794 / 21%),[44] Franse (5 213 / 17%),[44] Britte (1,085)[44] en Italianers in.

Die grootste deel van die bevolking in Andorra bestaan uit burgers sonder Andorrese nasionaliteit, wat nie stemreg het in gemeenteverkiesings nie. Bo en behalwe dit word hulle ook nie toegelaat om verkies te word as president nie, of om meer as 'n 33% aandeel te besit in die kapitaalvoorraad van 'n maatskappy in private besit nie.[45]

Die geskiedkundige en amptelike taal is Katalaans, 'n Romaanse taal. Die Andorrese regering moedig graag die gebruik van Katalaans aan. Hulle befonds 'n Kommissie vir Katalaanse Pleknaamkunde in Andorra (Katalaans: la Comissió de Toponímia d'Andorra), en verskaf gratis Katalaanse klasse om immigrante by te staan. Andorrese radio- en televisiestasies gebruik Katalaans.

As gevolg van immigrasie, historiese bande en geografiese nabyheid, word Spaans, Portugees en Frans ook algemeen gepraat. Meeste Andorrese kan een of meer hiervan praat bo en behalwe Katalaans. Engels word minder algemeen gepraat onder die bevolking, hoewel dit tot 'n mindere of meerdere mate verstaan word in die belangrike toeriste-oorde. Andorra is een van slegs drie Europese lande (saam met Frankryk en Monaco)[46] wat nooit die Kaderverdrag rakende die beskerming van minderhede onderteken het nie.[47]

Volgens die Observatori Social d'Andorra, is die taalgebruik in Andorra as volg:[48]

  Moedertaal
Katalaans 38,8%
Spaans 35,4%
Portugees 15%
Frans 5,4%
Ander 5,5%
Bron: Observatori de l'Institut d'Estudis Andorrans Geargiveer 22 Augustus 2013 op Wayback Machine

Godsdiens

[wysig | wysig bron]
Geloof in Andorra (Sensus van 2011)
Rooms-Katoliek
  
90.1%
Protestants
  
2.1%
Ander Christelik
  
1.8%
Ander gelowe
  
0.7%
Geen terugvoer
  
2.8%
Geen geloof
  
2.5%

Die Andorrese bevolking is oorwegend (90%) Rooms-Katoliek.[12] Hulle beskermheilige is Onse dame van Meritxell. Hoewel dit nie 'n amptelike staatsgodsdiens is nie, erken die grondwet 'n spesiale verhouding met die Katolieke kerk en bied sekere spesiale voorregte aan daardie groep. Die Moslemgemeenskap bestaan hoofsaaklik uit immigrante vanaf Noord-Afrika. Ander Christelike denominasies sluit die Anglikaanse kerk, die Herverenigingskerk, die Nuwe Apostoliese Kerk, die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae en die Jehovasgetuies in. Daar is 'n klein gemeenskap van Hindoes en Baha’is.[49][50] Rofweg 100 Jode bly in Andorra.[51]

Statistieke

[wysig | wysig bron]

Grootste stede

[wysig | wysig bron]

Onderwys

[wysig | wysig bron]

Skole

[wysig | wysig bron]

Kinders tussen die ouderdomme van 6 en 16 is wettiglik verplig om voltydse onderrig te ontvang. Onderwys tot op sekondêre vlak word gratis verskaf deur die regering.

Daar bestaan drie skoolstelsels – Andorrees, Frans en Spaans – wat Katalaans, Frans en Spaans onderskeidelik gebruik as die algemene onderrigtaal. Ouers kan kies watter stelsel hulle kinders bywoon. Alle skole word gebou en onderhou deur die Andorrese owerhede, maar onderwysers in die Franse en Spaanse skole word grotendeels deur Frankryk en Spanje vergoed. Ongeveer 50% van Andorrese kinders woon die Franse primêre skole by, en die res die Spaanse of Andorrese skole.

Universiteit van Andorra

[wysig | wysig bron]
Die Universiteit van Andorra

Die Universitat d'Andorra (UdA) is die openbare staatsuniversiteit en die enigste in Andorra. Dit is gestig in 1997. Die Universiteit verskaf eerste-vlak grade in verpleging, rekenaarwetenskap, besigheidsadministrasie en opvoedkunde, addisioneel tot meer gevorderde professionele-onderrig kursusse. Die enigste twee graad-skole in Andorra is die Verpleegskool en die Skool van Rekenaarwetenskap, laasgenoemde het 'n PhD-program.

Virtuele Studiessentrum

[wysig | wysig bron]

Die geografiese kompleksiteit van die land, asook die klein getalle studente, belemmer die Universiteit van Andorra om 'n volledige akademiese program te ontwikkel, en dit dien hoofsaaklik as 'n sentrum vir virtuele studies, gekoppel aan Spaanse en Franse universiteite. Die Virtuele Studiessentrum (Centre d’Estudis Virtuals) by die Universiteit bied ongeveer 20 graadkursusse op voor- en nagraadse vlak aan in onder andere toerisme, regte, Katalaanse filologie, geesteswetenskappe, sielkunde, politieke wetenskappe, oudiovisuele kommunikasie, telekommunikasie ingenieurswese en Oos-Asiatiese studies. Die sentrum bied ook verskeie nagraadse programme aan en volgehoue-onderrig kursusse vir beroepslui.

Gesondheidsorg

[wysig | wysig bron]

Gesondheidsorg in Andorra word aan alle werkende persone en hulle families verskaf deur middel van die staatsbestuurde bestaansversekeringstelsel, CASS (Caixa Andorrana de Seguretat Social), wat befonds word deur werknemer- en werkgewerbydraes ten opsigte van salarisse.[52] Die koste van gesondheidsorg word deur CASS gedek teen 75% van buitepasiënte se uitgawes soos medisyne en hospitaalbesoeke, 90% vir hospitalisasie en 100% vir werksverwante ongelukke. Die oorblywende kostes mag gedek word deur private mediese bystandsversekering. Ander inwoners en toeriste benodig volledige private mediese bystandsversekering.[52]

Die hoofhospitaal, Meritxell, is in Escaldes-Engordany geleë.[53] Daar is ook 12 primêre gesondheidsorgsentrums regoor die prinsdom versprei.[53]

Vervoer

[wysig | wysig bron]
Die Lughawe Andorra-La Seu d'Urgell, 12 km van Andorra, in Montferrer i Castellbò (Katalonië, Oos-Spanje)
'n Trein in Latour-de-Carol (La Tor de Querol), een van twee stasies wat Andorra bedien. Andorra het geen treinspore nie, die spoor wat Latour-de-Carol verbind met Toulouse, en om die beurt verbind is met Frankryk se TGV by Toulouse, loop egter binne twee kilometer van die Andorrese grens.

Tot met die 20ste eeu was daar baie min vervoerverbindings vanaf Andorra na die buitewêreld en die land se ontwikkeling is deur die isolasie beïnvloed. Selfs tans is die naaste lughawens te Toulouse en Barcelona, drie ure se ry weg van Andorra.

Andorra het 'n paaienetwerk van 279 km (173 myl), waarvan 76 km (47 myl) ongestraat is. Die twee vernaamste paaie uit Andorra la Vella is die CG-1 na die Spaanse grens en die CG-2 na die Franse grens via die Envalira-tonnel naby El Pas de la Casa.[54] Busdienste bedien al die stedelike gebiede en heelwat van die plattelandse gemeenskappe, met dienste op die meeste hoofroetes elke halfuur of meer gereeld tydens spitsverkeer. Daar is gereelde langafstand busdienste vanaf Andorra na Barcelona en Toulouse. Busdienste word meestal gelewer deur privaatmaatskappye, maar sommige plaaslike dienste word deur die staat bestuur.

Daar is nie enige spoorvervoer, hawens of lughawens vir vastevlerk-vliegtuie in Andorra nie. Daar is egter helikopterhawens in La Massana, Arinsal en Escaldes-Engordany met kommersiële helikopterdienste.[55][56] Nabygeleë lughawens sluit Barcelona, Toulouse, Perpignan, Reus en Girona in. Die naaste openbare lughawe is Perpignan se Rivesaltes-lughawe, wat 160 km (99 myl) ver is en verskaf kort afstand dienste na verskeie bestemmings in die Verenigde Koninkryk en Frankryk. La Seu d'Urgell-lughawe, 'n klein vliegveld 12 km (7 myl) suid van Andorra wat tans slegs deur privaatvliegtuie gebruik word, word deur die regering ondersoek as 'n moontlike toekomstige lughawe vir openbare lugdienste.[57]

Die naaste stasie is L'Hospitalet-près-l'Andorre, 10 km (6 myl) oos van Andorra geleë op die 1 435 mm (4 vt 8 12 dm)spoor spoorlyn vanaf Latour-de-Carol, (25 km of 16 myl) suidoos van Andorra, na Toulouse en verderaan na Parys, gebruik deur die Franse sneltreine. Die lyn word bedien deur die SNCF. Latour-de-Carol het 'n skilderagtige meterspoortrein na Villefranche-de-Conflent, asook die SNCF se 1 435 mm (4 vt 8 12 dm)spoor na Perpignan en die RENFE se 1 668 mm (5 vt 5 23 dm) spoor na Barcelona.[58][59]

Media en telekommunikasie

[wysig | wysig bron]
RTVA, die openbare televisiediens en radio-uitsaaier in die Prinsdom Andorra
Andorra Telecom, die nasionale telekommunikasiemaatskappy in die Prinsdom Andorra

In Andorra word selfoon-, landlyn- en internetdienste eksklusief deur die Andorrese nasionale telekommunikasiemaatskappy, SOM, ook bekend as Servei de Telecomunicacions d'Andorra (STA) verskaf. Dieselfde maatskappy bestuur ook die tegniese infrastruktuur vir die nasionale uitsaaier van digitale televisie en radio.

Teen die einde van 2010 is dit beplan, dat elke huishouding in die land FTTH-aansluitings vir internettoegang sal hê teen 100 Mg/s.[60]

Daar is net een Andorrese televisiestasie, Ràdio i Televisió d'Andorra (RTVA). Radio Nacional d’Andorra bestuur twee radiostasies, Radio Andorra en Andorra Música. Daar is drie nasionale nuusblaaie, Diari d'Andorra, El Periòdic d'Andorra en Bondia asook verskeie plaaslike koerante.

Kultuur

[wysig | wysig bron]
Andorrese vlag op balkon, Ordino

Die amptelike geskiedkundige taal is Katalaans. Dus is die kultuur Katalaans, met sy eie uniekheid.

Andorra is die tuiste van volksdanse soos die contrapàs en marratxa, wat nog veral voortlewe in Sant Julià de Lòria. Andorrese volksmusiek toon ooreenkomste met sy bure, maar is veral Katalaans in karakter, veral in danse soos die sardana. Ander Andorrese volksdanse sluit in die contrapàs in Andorra la Vella en Sint Anne se dans in Escaldes-Engordany. Andorra se nasionale vakansiedag is Onse Dame van Meritxell-dag op 8 September.[12] Die Amerikaanse folk-kunstenaar Malvina Reynolds wat bekoor is deur die verdedigingsbegroting van $4,90, het 'n liedjie genaamd "Andorra" geskryf. Pete Seeger het verse bygevoeg en "Andorra" gesing op sy 1962-album "The Bitter and the Sweet."

Sport

[wysig | wysig bron]
Estadi Comunal d'Andorra la Vella

Andorra is bekend vir die beoefening van wintersport en ook rolhokkie. Andorra neem gewoonlik deel aan die CERH Euro-kampioenskappe en die FIRS Rolhokkiewêreldbeker. Beide rolhokkie en rugby word in Andorra as nasionale sportsoorte beskou.

In 2011 was Andorra die gasheerland vir die 2011 Europese-liga Finale Agt.

Die land word in sokker verteenwoordig deur die Andorrese nasionale sokkerspan. Die span het egter min internasionale sukses vanweë Andorra se klein bevolking.[61]

Rugby is 'n tradisionele sport in Andorra en word veral deur dié sport se gewildheid in Suid-Frankryk beïnvloed. Die Andorrese nasionale rugbyspan, met die bynaam Els Isards, neem op internasionale vlak aan rugby en sewesrugby deel.[62] VPC Andorra XV is 'n rugbyspan uit Andorra la Vella wat in die Franse kampioenskap speel.

In 2012 het Andorra sy eerste nasionale krieketspan op die been gebring en 'n tuiswedstryd gespeel teen die Dutch Fellowship of Fairly Odd Places Cricket Club. Die eerste wedstryd gespeel in die geskiedenis van Andorra op 'n hoogte van 1300 meter. FFOP CC eindig met 187 lopies vir vyf paaltjies terwyl die Andorra XI almal uit is op 105 lopies. Andorra XI het vermeld dat hulle graag die spel sal wil aanhou speel, tuis en weg. Krieketklubs in die suide van Frankryk mag dalk uitgedaag word.[63]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (ca) "Història d'Andorra". Cultura.ad. Besoek op 26 Maart 2019.
  2. (ca) "Andorra". Gran Enciclopèdia Catalana. Besoek op 26 Maart 2019.
  3. (ca) "Andorra en xifres 2007: Situació geogràfica, Departament d'Estadística, Govern d'Andorra" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2009. Besoek op 13 November 2009.
  4. (en) "població d'Andorra a 31 de desembre de 2021". 31 Desember 2021. Besoek op 12 Junie 2023.
  5. (ca) Departament d'Estadística. "Població total". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2017. Besoek op 1 April 2015.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Andorra". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 22 Julie 2023.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 22 Julie 2023.
  8. (ca) "Informe sobre l'estat de la pobresa i la desigualtat al Principal d'Andorra (2003)" (PDF). Estadistica.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Augustus 2013. Besoek op 10 Augustus 2013.
  9. (en) Funk and Wagnalls Encyclopedia, 1991
  10. (en) Maps, Weather, and Airports for Andorra la Vella, Andorra, Fallingrain.com, http://www.fallingrain.com/world/AN/0/Andorra_la_Vella.html, besoek op 1 April 2015 
  11. (en) Background Note: Andorra, http://www.state.gov/r/pa/ei/bgn/3164.htm 
  12. 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 12,5 12,6 (en) "Andorra". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 22 Julie 2023.
  13. 13,0 13,1 (ca) Estadistica.ad, Departament d'Estadística, Govern d'Andorra., archived from the original on 2 April 2018, https://web.archive.org/web/20180402163256/https://www.estadistica.ad/serveiestudis/web/exportar_banc_dades_csv.asp?formules=anual%7Cinici&any1=01%2F01%2F2008&any2=01%2F01%2F2008&codi_divisio=380&lang=1&codi_subtemes=59&codi_tema=10, besoek op 14 Augustus 2021 
  14. (en) Pat Thompson (23 April 2009), Why Andorrans live longer than everyone else, CNN, archived from the original on 9 Junie 2009, https://web.archive.org/web/20090609044803/http://www.cnn.com/2009/HEALTH/04/23/andorra.life.expectancy/index.html, besoek op 7 Junie 2009 
  15. (ca) Diccionari d'Història de Catalunya (62 uitg.). Barcelona. 1998. p. 42. ISBN 84-297-3521-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  16. (ca) José María Font Rius (1985). Estudis sobre els drets i institucions locals en la Catalunya medieval. Edicions Universitat Barcelona. p. 743. ISBN 978-8475281742.
  17. (ar) "تعريف و معنى دارة في معجم المعاني الجامع - معجم عربي عربي". almaany.com.
  18. (en) L. L. Gaston (1912). Andorra, the Hidden Republic: Its Origin and Institutions, and the Record of a Journey Thither. New York: McBridge, Nast & Co. p. 9.
  19. (en) "Online Etymology Dictionary". Etymonline.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2015. Besoek op 10 Mei 2015.
  20. (en) Paul Freedman (1999). Images of the Medieval Peasant. Kalifornië: Stanford University Press. p. 189. ISBN 978-0804733731.
  21. (ca) "La formació d'Andorra". l’Enciclopèdia. Enciclopèdia Catalana.  (ca) English version
  22. 22,0 22,1 22,2 (ca) "Elements de la història del Principat d'Andorra". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2010.
  23. (ca) "Ermessenda de Castellbò". l’Enciclopèdia. Enciclopèdia Catalana.  (ca) English version
  24. (ca) "Adresses of the Andorran diplomatic missions". Government of Andorra – Ministry of Foreign Affairs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 19 April 2011.
  25. (en) Oorsese ambassades en konsulate van Switserland Geargiveer 7 Mei 2010 op Wayback Machine, Buitelandse ambassades.
  26. (es) "Documento BOE-A-1993-16868". BOE.es. 30 Junie 1993. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2012. Besoek op 1 April 2015.
  27. (ca) "El Sometent | Tourism". Turisme.andorralavella.ad. 17 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2017. Besoek op 1 April 2015.
  28. 28,0 28,1 (en) "Decret veguers Sometent, del 23 d'octubre de 1984" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 September 2018. Besoek op 20 Mei 2019.
  29. (en) "Did you know…? The country of Andorra fought World War 1 for 25 years". Idiotsguides.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2013. Besoek op 1 April 2015.
  30. (en) Ben Cahoon. "Andorra". Worldstatesmen.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  31. (en) "The Times newspaper (London), 05-Jan-1934". Trove.nla.gov.au. 5 Januarie 1934. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  32. (en) "Andorra". State.gov. 20 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2019. Besoek op 1 April 2015.
  33. (ca) "Bop14073" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  34. (en) "History of the Principality of Andorra". Andorramania.com. 11 Desember 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  35. (en) "Andorra". Un.org. 25 September 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  36. (en) An example from the United States State Department website.
  37. (en) An alternative example of the report.
  38. (ca) Police structures detailed here.
  39. (ca) Carles Iglesias Carril. "Andorran Police Service website". Policia.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 1 April 2015.
  40. (en) "Vehicle details with extensive photo gallery here". Bombers.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2012. Besoek op 1 April 2015.
  41. (en) "Fire Brigade history here (in Catalan)". Bombers.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2012. Besoek op 1 April 2015.
  42. (en) "Andorran Fire Service site". Bombers.ad. 17 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 1 April 2015.
  43. (en) (ca) Atlas of Andorra (1991), Andorran Government. OCLC 801960401.
  44. 44,0 44,1 44,2 44,3 44,4 (ca) Departament d'Estadistica, 2008
  45. (es) El País 01/08/1985, El País 27/10/1985, El País 09/05/1992, El País 14/07/2007
  46. (en) "Framework Convention for the Protection of National Minorities (FCNM) : National Minorities, ''Council of Europe'', 14 September 2010". Coe.int. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 20 Mei 2019.
  47. (en) "Framework Convention for the Protection of National Minorities CETS No. 157". Conventions.coe.int. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  48. (ca) "Observatori de l'Institut d'Estudis Andorrans". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2010. Besoek op 1 April 2015.
  49. (en) "Andorra". International > Regions > Southern Europe. The Association of Religion Data Archives. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020. Besoek op 20 Mei 2019.
  50. (en) "Andorra: population, capital, cities, GDP, map, flag, currency, languages, …". Wolfram Alpha Online. (13 Maart 2010). Wolfram – Alpha (curated data=. URL besoek op 20 Mei 2019. 
  51. (en) US Dept of State information
  52. 52,0 52,1 (fr) Travailler en Andorre (Mei 2006), Govern d'Andorra, Servei d'Ocupació, bl. 30.
  53. 53,0 53,1 (en) "List of specialties with coverage by CASS at Hospital Nostra Senyora de Meritxell (2009)". Online.cass.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017. Besoek op 1 April 2015.
  54. (ca) "Agència de Mobilitat, Govern d'Andorra". Mobilitat.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2013. Besoek op 1 April 2015.
  55. (ca) Heliand – Serveis (2009). Heliand.com
  56. (ca) Helitrans – Services (2009). Helitrans.ad Geargiveer 15 Julie 2009 op Wayback Machine
  57. (ca) La Generalitat es reuneix amb els pobles afectats per l'aeroport (31 Oktober 2008). Viurealspirineus.cat Geargiveer 17 Julie 2009 op Wayback Machine
  58. (de) "Sncf Map". Bueker.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 1 April 2015.
  59. (en) "Google map". Maplandia.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  60. (en) SOM Newsletter, Maart 2009.
  61. (en) "FIFA Rankings – Andorra". Fifa.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 20 Mei 2019.
  62. (en) "USA and Andorra improve rating in rankings". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2014.
  63. (en) "Netherlands Based FFOP CC Beats Andorra National Team". Cricket World. 3 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • (ca) Armengol Aleix, E. (2009). Andorra: un profund i llarg viatge. Andorra: Regering van Andorra. ISBN 9789992005491. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • (ca) Guillamet Anton, J. (2009). Andorra: nova aproximació a la història d'Andorra. Andorra: Revista Altaïr. ISBN 9788493622046. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • (ca) Llop Rovira, Marta (1998). "L'Edat Moderna a Andorra (S. XVII al XVIII)". Història, Geografia i Institucions d'Andorra. Regering van Andorra. ISBN 99920-0-185-2. 
  • (ca) Ministeri d'Educació, Joventut i Esports (1996). "L'Edat Antiga i Mitjana a Andorra". Història, Geografia i Institucions d'Andorra. Regering van Andorra. 
  • (ca) Peruga Guerrero, J. (1998). La crisi de la societat tradicional (S. XIX). Andorra: Segona Ensenyança. ISBN 9789992001868. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.