Annelie Lotriet | |
Lotriet in 2011 | |
Ampstermyn 24 Oktober 2019 – 27 Oktober 2019 | |
Voorafgegaan deur | Mmusi Maimane |
---|---|
Opgevolg deur | John Steenhuisen |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2009 | |
Koukusvoorsitter van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 8 Junie 1960 Johannesburg |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Hoërskool Linden Randse Afrikaanse Universiteit |
Annelie Lotriet (gebore 8 Junie 1960) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Vrystaat wat 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die opposisie Demokratiese Alliansie (DA) is. Sy word op 14 Junie 2024 as die adjunk-Speaker van die Nasionale Vergadering verkies. In Oktober 2019 was sy tydelik die leier van die opposisie tussen die bedanking van Mmusi Maimane en die verkiesing van John Steenhuisen. Sy dien al as 'n LP sedert Mei 2009. Sy dien ook as die party se koukusvoorsitter en het al 'n paar portefeuljes in die skadukabinet behartig. Voor Lotriet as 'n LP aangestel is, was sy in die provinsiale politiek van die Vrystaat betrokke.
Lotriet is in 1960 in Johannesburg gebore en het aan Hoërskool Linden gematrikuleer. Sy het by die Randse Afrikaanse Universiteit gestudeer en verskeie grade behaal. Sy is hierna aangestel as 'n lektor by die Vista-universiteit in Bloemfontein voor sy 'n senior pos by die Universiteit van die Vrystaat beklee het.
Tussen 1985 en 2000 het Lotriet op die OFM Raad van Direkteure gedien. Sy raak toe meer betrokke in die plaaslike politiek en in 2000 is sy tot die Bloemfontein-stadsraad verkies. Sy het vir ses jaar as 'n DA-wyksraadslid gedien.
Lotriet het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword in 2009. Haar kiesafdeling is die Oos-Vrystaat. Sy is 'n lid van die komitee vir grondwetlike hersiening wat die mandaat het om die grondwet te verander om grondhervorming moontlik te maak.
Sy het al verskeie posisies in die DA se skadukabinet beklee. Haar mees onlangse pos was skaduminister van wetenskap en tegnologie. Sy was vroeër die skaduminister van hoër onderwys en opleiding en die skaduminister van kuns en kultuur.
In 2015 is Lotriet as die provinsiale voorsitter van die DA in die Vrystaat verkies, en tot 'n tweede termyn in 2017.[1]
Op 30 Mei 2019 is Lotriet as koukusvoorsitter van die DA in die Nasionale Vergadering verkies.[2] Sy het Anchen Dreyer opgevolg. Later op 24 Oktober 2019 het Mmusi Maimane as leier van die DA in die parlement bedank. Lotriet is as sy waarnemende opvolger aangewys.[3][4] Sy het tot 27 Oktober gedien toe John Steenhuisen as die nuwe leier aangestel is.
Lotriet is getroud met Pieter en hulle het vier volwasse seuns.
Voorafgegaan deur Mmusi Maimane |
Opposisieleier in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (Waarnemend) 2019 |
Opgevolg deur John Steenhuisen |
Voorafgegaan deur Anchen Dreyer |
Koukusvoorsitter van die Demokratiese Alliansie 2019–hede |
Opgevolg deur Ampsbekleër |