Cyriel Paul Coupé (28 Junie1918– 15 Junie1998) was 'n Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter wat ook bekend was onder sy skuilnaam Anton van Wilderode.
Coupé is op 28 Junie 1918 in Moerbeke-Waas gebore. Hy word op 21 Mei 1944 as priester georden in die bisdom Gent. Hy studeer klassieke filologie aan die Katolieke Universiteit Leuven. Van 1946 tot sy aftrede in 1982 werk hy as onderwyser in Sint-Niklaas by die St. Josef kweekskool. Onder sy leerlinge was Paul Snoek en Tom Lanoye.
Hy maak sy literêre debuut in 1939 met die kortverhaal Dis al in die tydskrif Nederland. Sy debuut as digter volg in 1943 met die digbundel De moerbeitoppen ruischten. Hy was medestigter van die tydskrif Podium (1943–1944). In 1947 word hy redakteur van Dietsche Warande en Belfort. Hy het verskeie gedigte vir spesiale geleenthede en vergaderings geskryf, soos vir die jaarlikse pelgrimstogte na die IJzertoren asook draaiboeke vir televisie. Sy poësie word gekenmerk deur die gebruik van 'n tradisionele digvorm en 'n duidelike taal, gekombineer met 'n romantiese styl.
Anton van Wilderode is op 15 Junie 1998 in Sint-Niklaas oorlede.