Arctotheca forbesiana | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Arctotheca |
Spesie: | A. forbesiana
|
Binomiale naam | |
Arctotheca forbesiana K.Lewin, (1922)
| |
Sinonieme | |
|
Arctotheca forbesiana is 'n plant wat hoort tot die genus Arctotheca. Die spesie is endemies aan Wes-Kaap en kom van Malmesbury tot by Somerset-Wes, Caledon en Elim voor. Die plant is deel van die fynbos en renosterveld plantegroei. Alhoewel die voorkomsgebied 4 266 km² groot is, is die gebied van besetting kleiner as 10 km². Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en voorstedelike ontwikkeling, veral op die Kaapse Vlakte en by die Strand. Die subpopulasies by Faure, Kraaifontein en Raapenberg het verlore gegaan. Lae-koste behuising is ook 'n bedreiging by Caledon.