Uitsig van die Arno vanaf die Ponte Vecchio
| |
Lengte | 241 km (150 mi) |
Die Arno is 'n rivier in die Toskaanse streek van Italië. Naas die Tiber is dit die belangrikste river in sentraal-Italië.
Die rivier ontspring by Monte Falterona in die Casentino-area van die Apennyne en neem aanvanklik 'n suidwaartse weg. Hierna draai die rivier weswaarts naby Arezzo en vloei deur Florence, Empoli en Pisa, waar dit uitmond in die Tirreense See by Marina di Pisa.
Met 'n lengte van 241 km is dit die langste rivier in die streek. Dit beskik oor verskeie sytakke: die Sieve-rivier, met 'n lengte van 60 km; die Bisenzio-rivier, met 'n lengte van 49 km; die Ombrone Pistoiese, met 'n lengte van 47 km; en die Era-rivier, Elsa-rivier, Pesa-rivier, en Pescia-rivier. Die dreineringsbekken beloop meer as 8200 vierkante kilometer en dreineer die waters van die volgende onderbekkens:
Dit kruis Florence, waar dit onder die Ponte Vecchio en die Santa Trinita-brug deurloop (gebou deur Bartolomeo Ammannati, maar geïnspireer deur Michelangelo) . Die rivier het die stad gereeld in historiese tye gevloed, mees onlangs in 1966, met 4500 kubieke meter per sekonde na reënval van 437,2 mm in Badia Agnano en 190 mm in Florence binne slegs 24 uur.
Voor Pisa word die Arno deur die Rykskanaal by La Botte gekruis. Hierdie waterkanaal loop onderdeur die Arno by wyse van 'n tonnel, en dreineer die voormalige gebied van Lago di Bientina, wat voorheen die grootste meer in Toskane was, voor herwinning daarvan.
Die vloeitempo van die Arno is onreëlmatig. Dit word soms beskryf as heftig, omrede dit binne 'n paar dae maklik van 'n straaltjie tot 'n vloed kan verander. Op die punt waar die Arno die Apennyne verlaat, wissel vloeimetings tussen 0.56 en 3540 kubieke meter per sekonde. Nuwe damme wat stroomop van Florence gebou is, het die probleem die afgelope jare grootliks verlig.
Die vloed op 4 November 1966 het die rivierwal in Florence in duie laat stort en ten minste 40 mense se dood veroorsaak. Dit het ook miljoene kunswerke en seldsame boeke beskadig of vernietig. As gevolg van die ramp is nuwe bewaringstegnieke in werking gestel, maar dekades later wag honderde werke egter nog op restourasie. [1]
Die Arno-rivier is in 'n groot mate ingeneem deur nie-inheemse spesies: meer as 90% van visspesies en 70% van makro-ongewerwelde spesies in die area romdom Florence is indringerspesies.[2] Dit sluit die Europese-baber,[3] Kanaal-baber,[3] Kruiskarp, [2] Alver (Alburnus alburnus),[4] Pseudorasbora parva,[4] Nieu-Seelandse modderslak (Potamopyrgus antipodarum)[2] en Dikerogammarus villosus, in.[2] Die Suidersee-krap of dwergkrap is al naby Pisa in die rivier gevind.[5]
Die water uit die Arno-dreineringsbekken word gebruik as drinkwater en vir besproeiings- en brandbestrydingsdoeleindes.[6] Inwoners in die sentrale deel van die dreineerbekken het ook vloedbeheer, ondersteuning vir biodiversiteit, visserye en kulturele waarde geïdentifiseer as ander dienste wat die rivier lewer. [6] Die risiko bestaan dat oorstromings hierdie ekosisteemdienste in gevaar sal stel aangesien 9% van die afvalwaterbehandelingsaanlegte, 10% van die stortingsterreine en ander afvalterreine, en 4,5% van die besmette terreine die risiko van oorstromings loop, wat brandpunte vir besoedeling kan veroorsaak[7]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Arno (rivier). |