Baanhelling of wentelinklinasie meet die helling van ’n voorwerp se wentelbaan om ’n hemelliggaam. Dit word uitgedruk as die hoek tussen ’n verwysingsvlak en die wentelvlak of rigtingsas van die wentelende liggaam.
As ’n satelliet reg bo die ewenaar om die Aarde wentel, is die vlak van die satelliet se wentelbaan dieselfde as die Aarde se ewenaarvlak, en die satelliet se baanhelling is dus 0°. Gewoonlik is die wentelvlak van ’n liggaam gekantel en bring die liggaam die helfte van sy wentelbaan in die noordelike halfrond en die ander helfte in die suidelike halfrond deur. As die wentelbaan wissel tussen die breedtegrade 20° noord en 20° suid, is die baanhelling 20°.
Die baanhelling is een van ses elemente wat die vorm en oriëntasie van ’n wentelbaan beskryf. Dit is die hoek tussen die wentel- en die verwysingsvlak en word gewoonlik in grade uitgedruk. Wanneer ’n satelliet om ’n planeet wentel, is die planeet se ewenaarvlak gewoonlik die verwysingsvlak. Vir planete in die Sonnestelsel is die verwysingsvlak gewoonlik die sonnebaan, die vlak waarop die Aarde om die Son wentel.[1][2] Dit is die mees praktiese verwysingsvlak vir waarnemers op die Aarde. Daarom is die Aarde se baanhelling op grond van die definisie nul.
Inklinasie kan ook met betrekking tot ’n ander vlak gemeet word, soos die Son se ewenaar.
Die baanhelling van natuurlike en kunsmatige satelliete word gemeet relatief tot die ewenaarvlak van die liggaam waarom hulle wentel, as hulle naby genoeg wentel. Die ewenaarvlak is die vlak wat loodreg is met die rotasie-as van die sentrale liggaam.
Daar word uitgegaan van die veronderstelling dat ’n normale wentelbaan prograad is, dus in dieselfde rigting as waarin die planeet roteer. Hellings van groter as 90° beskryf retrograde wentelbane, dus in die teenoorgestelde rigting. ’n Baanhelling:
Mane van aardplanete wat nie te ver van hul ster af voorkom nie, met ’n groot maan-planeetafstand, se wentelvlakke neig om in lyn te wees met dié van die planeet se wentelbaan om die ster vanweë getye van die ster af. As die maan-planeetafstand klein is, is die mane se wentelbane geneig om gekantel te wees. Die wentelbane van gasplanete se mane is geneig om in lyn te wees met die groot planeet se ewenaar omdat hulle in skywe om die planeet ontstaan het.[3]
Die meeste planete in die Sonnestelsel het relatief klein baanhellings:
Helling m.b.t. | |||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Liggaam | Sonnebaan | Son se ewenaar | |||||||||
Aard- planete |
Mercurius | 7,01° | 3,38° | ||||||||
Venus | 3,39° | 3,86° | |||||||||
Aarde | 0 | 7,155° | |||||||||
Mars | 1,85° | 5,65° | |||||||||
Reuse- planete |
Jupiter | 1,31° | 6,09° | ||||||||
Saturnus | 2,49° | 5,51° | |||||||||
Uranus | 0,77° | 6,48° | |||||||||
Neptunus | 1,77° | 6,43° | |||||||||
Klein- planete |
Pluto | 17,14° | 11,88° | ||||||||
Ceres | 10,62° | — | |||||||||
Pallas | 35,06° | — | |||||||||
Vesta | 5,58° | — |
Daarteenoor het die dwergplanete Pluto en Eris hellings tot die sonnebaan van onderskeidelik 17° en 44°, en die groot asteroïde Pallas ’n helling van 35°.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)