Basil D'Oliveira | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Basil Lewis D'Oliveira | |||||
Gebore | Kaapstad, Unie van Suid-Afrika | 4 Oktober 1931|||||
Gesterf | 19 November 2011 (op 80) Worcester, Engeland, Engeland | |||||
Bynaam(e) | Dolly, Bas | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Mediumsnel-regshandig | |||||
Rol | Veelsydige speler, afrigter | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Engeland | |||||
Toetsdebuut (no 432) | 16 Junie 1966 v Wes-Indië | |||||
Laaste Toets | 10 Augustus 1972 v Australië | |||||
EDI debuut (no 3) | 5 Januarie 1971 v Australië | |||||
Laaste EDI | 28 Augustus 1972 v Australië | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1960–1963 | Middleton C.C. | |||||
1964–1980 | Worcestershire-krieketklub | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 44 | 4 | 367 | 187 | ||
Lopies aangeteken | 2484 | 30 | 19490 | 3770 | ||
Kolfgemiddeld | 40,06 | 10,00 | 40,26 | 24,96 | ||
100s/50s | 5/15 | 0/0 | 45/101 | 2/19 | ||
Hoogste telling | 158 | 17 | 227 | 102 | ||
Aflewerings geboul | 5706 | 204 | 41079 | 7892 | ||
Paaltjies | 47 | 3 | 551 | 190 | ||
Boulgemiddeld | 39,55 | 46,66 | 27,45 | 23.56 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | – | 17 | 1 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n.v.t. | 2 | n.v.t. | ||
Beste boulontleding | 3/46 | 1/19 | 6/29 | 5/26 | ||
Vangskote/Stonkings | 29/– | 1/– | 215/– | 44/– | ||
Bron: Cricinfo, 10 April 2008 |
Basil D'Oliveira (1931–2011) was ’n veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het van 1966 tot 1972 in 44 toetse vir Engeland gespeel, maar weens die apartheidsbeleid nooit vir sy eie land nie. As regshandige kolwer het hy teen ’n gemiddeld van 40,06 lopies per kolfbeurt 2 484 toetslopies aangeteken. As mediumsnel-regsbouler het hy 47 toetspaaltjies ingeoes. In sy eersterangse loopbaan van 1964 tot 1980 het hy altesame 19 493 lopies aangeteken en 551 paaltjies geneem. Sy insluiting in ’n Engelse toerspan na Suid-Afrika het in 1976 tot die afgelasting van dié toer, ná heftige beswaar teen sy insluiting deur die destydse Suid-Afrikaanse eerste minister, John Vorster, gelei.[1]
Basil Lewis D'Oliveira is op 4 Oktober 1931 op Seinheuwel in Kaapstad in die destydse Unie van Suid-Afrika gebore.[2][3] As jong seun het hy in die bome buite die Nuweland-krieketveld geklim om na die wedstryde te kyk. Hy was later die kaptein van Suid-Afrika se nie-blanke krieketspan, en het ook vir Suid-Afrika se nie-blanke nasionale sokkerspan uitgedraf.[4]
Hy emigreer in 1960 na Engeland en sluit in 1964 by die Worcestershire-krieketklub aan. In 1966 is hy vir die Engelse nasionale krieketspan gekies. In 1968 besef Suid-Afrikaanse krieketbeamptes dat sy insluiting in die Engelse span tot die kansellasie van die toer, en die moontlike uitsluiting van Suid-Afrika uit toetskrieket, sou lei. As gevolg van druk en om krieketbande met Suid-Afrika oop te hou, is aanvanklik besluit om hom nie te kies nie. As gevolg van Tom Cartwright se besering is D'Oliveira uiteindelik tog by die span ingesluit. John Vorster het dit egter reeds duidelik gemaak dat D'Oliveira se insluiting nie aanvaarbaar was nie. Ondanks talle onderhandelinge is die toer uiteindelik gekanselleer. Die D'Oliveira-saak het wyd publisiteit geniet en bygedra om internasionale opinie teen die apartheidsregime te draai.[5]
D'Oliveira het later in sy lewe aan Parkinson se siekte gelei.[6] Hy is op 19 November 2011 (op 80 jarige ouderdom) in Engeland oorlede.[7][8][9]