| |||||||
Gestig | 1995 (as Deer Jet Airlines) | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | Daxing Internasionale Lughawe, Beijing | ||||||
Vlootgrootte | 86 | ||||||
Bestemmings | 66 | ||||||
Houermaatskappy | Hainan Airlines (70%) | ||||||
Sleutelpersone | Zhang Kui (HUB) | ||||||
Webwerf | www.jdair.net |
Beijing Capital Airlines (IATA JD; ICAO: CBJ; roepteken: CAPITAL JET) is 'n Chinese lugredery gebaseer by die Daxing Internasionale Lughawe in Beijing.
Beijing Capital Airlines is in 2010 as 'n aparte lugredery afgestig van Deer Jet Airlines, wat in 1995 as deel van Hainan Airlines gestig is. Die geskeduleerde vlugte van Deer Jet is oorgeneem, maar die sakestralervlugte is deur Deer Jet behou.
Aan die einde van 2019 het Capital sy hoofspilpunt en tuisbasis van Beijing Capital Internasionale Lughawe na die nuwe lughawe suid van die stad, Daxing Internasionale Lughawe, verskuif.
In Mei 2017 het die vloot bestaan uit:
Vliegtuig- tipe | Aantal | Bestel | Opmerking |
---|---|---|---|
Airbus A319-100 | 29 | ||
Airbus ACJ319 | 1 | Sakereisvliegtuig | |
Airbus A320-200 | 34 | 2 | 12 met haaivinne uitgerus |
Airbus A321-200 | 11 | ||
Airbus A330-200 | 5 | ||
Airbus A330-300 | 2 | ||
Gulfstream Aerospace G-V Gulfstream | 1 | ||
Gulfstream Aerospace G550 | 2 | ||
Hawker Beechcraft 4000 | 1 | ||
Totaal | 59 | 2 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Beijing Capital Airlines. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |