Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Belize |
Provinsie | Belize |
Koördinate | 17°30′N 88°11′W / 17.500°N 88.183°W |
Stigting | 1638 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 35,66 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 63 999 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 731,97/vk km |
Tydsone | UTC -06:00 |
Burgemeester | Bernard Wagner (PUP) |
Belize-stad (Engels: Belize City) is die grootste stad van Belize, 'n land in Sentraal-Amerika. Die stad het 'n bevolking van 63 999 in 2022 gehad en is langs die ooskus van Belize aan die Karibiese See geleë. Belize-stad is in 1638 gestig en was voorheen die hoofstad van Brits-Honduras, 'n voormalige Britse kolonie wat sedert sy onafhanklikheid in 1981 as Belize bekend staan.
Toe dié hawestad in 1961 deur die orkaan Hattie verwoes is, is daar in die sentrum van Brits-Honduras begin met die oprigting van 'n nuwe hoofstad wat op 1 Augustus 1970 amptelik as Belmopan gestig is. Belize-stad is egter steeds die land se belangrikste hawe en sy finansiële en industriële spilpunt.