Bellatrix, ook bekend as Gamma Orionis, is die derde helderste ster in die sterrebeeldJagter (Orion); dit lê 5° wes van die rooireus Alpha Orionis (Betelgeuse). Die ster is van tussen die 1ste en 2de magnitude en is effens veranderlik. Dit is omtrent die 25ste helderste ster in die naglug.
Bellatrix is ’n swaar ster met ’n massa van omtrent 8,6 keer dié van die Son. Dit is sowat 25 miljoen jaar oud, oud genoeg om binnekort die laaste van sy waterstof op te gebruik en ’n reusester te word.[11] Die effektiewe temperatuur op sy oppervlak is 22 000 K,[8] wat heelwat warmer is as die 5 778 K op die Son. Hierdie hoë temperatuur veroorsaak die blouwit skynsel wat tipies van Klas B-sterre is.[12]
Daar is eers vermoed Bellatrix behoort tot die Orion OB1-assosiasie, wat ’n gemeenskaplike oorsprong het en saam deur die ruimte beweeg, saam met die sterre van die Jagter se Belt, Alnitak, Alnilam en Mintaka. Dit is egter tans baie nader as die ander sterre in dié groep.[11]
Gamma Orionis is die ster se Bayer-naam. Die tradisionele naam, Bellatrix, is Latyn vir "vrouevegter". Dit is ook die Amasonester genoem, wat volgens Richard Hinckley Allen dalk ’n vrye vertaling van die Arabiese naam, Al Najīd, "Die Veroweraar", is.[9] Bellatrix is een van die vier sterre van die Jagter wat vir lugruimnavigasie gebruik word.[13]
↑ 3,03,13,2Crawford, D. L.; Barnes, J. V.; Golson, J. C. (December 1971), "Four-color, Hbeta, and UBV photometry for bright B-type stars in the northern hemisphere", Astronomical Journal76: 1058–1071, doi:10.1086/111220, Bibcode: 1971AJ.....76.1058C
↑ 4,04,1Samus, N. N.; Durlevich, O. V.; et al. (2009). "VizieR Online Data Catalog: General Catalogue of Variable Stars (Samus+ 2007-2013)". VizieR On-line Data Catalog: B/gcvs. Oorspronklik gepubliseer in: 2009yCat....102025S. 1. Bibcode:2009yCat....102025S.
↑Lamers, H. J. G. L. M.; Harzevoort, J. M. A. G.; Schrijver, H.; Hoogerwerf, R.; Kudritzki, R. P. (1997). "The effect of rotation on the absolute visual magnitudes of OB stars measured with Hipparcos". Astronomy and Astrophysics. 325: L25. Bibcode:1997A&A...325L..25L.
↑ 8,08,18,2Lefever, K. et al. (June 2010), "Spectroscopic determination of the fundamental parameters of 66 B-type stars in the field-of-view of the CoRoT satellite", Astronomy and Astrophysics515: A74, doi:10.1051/0004-6361/200911956, Bibcode: 2010A&A...515A..74L